Daniëlkonferensie vir manne en seuns

Daniëlkonferensie vir manne en seuns
Daniëlkonferensie vir manne en seuns

Daniëlkonferensie vir manne en seuns – Voel jy as man dat daar iets in jou lewe ontbreek of dat jy graag ‘n beter man, pa of egggenoot sou wou wees as wat jy (reeds) is?

Daar is nou ‘n geleentheid, eerskomende naweek, om juis dit te bewerkstellig, of ten minste daaraan te begin werk. Die gewilde Daniëlkonferensie word eerskomende naweek by die NG Kerk te Amsterdam aangebied. Braam Grobbelaar, NG gemeente Moreleta Park, sê dat dit vir hulle ‘n groot voorreg is om Daniëlkonferensies aan te bied. 204 Daniëlkonferensies is reeds aangebied, bygewoon deur 25 444 manne. Braamhulle wil graag hê dat manne sal opstaan en saam die pad stap om ‘n verskil te maak in elkeen van hulle se eie lewe, hulle gesinne en gemeentes, asook in hulle gemeenskappe. Die bykans 23 000 briewe wat hulle al ontvang het getuig van die verskil wat so naweek gemaak het in manne se lewens.

Slegs maar een voorbeeld van so ‘n getuienis is die volgende : “Die konferensie het my gehelp om ‘n man na God se hart te word vir my vrou en kinders. Dankie dat julle die konferensie na ons dorp gebring het. Moenie ophou met hierdie bediening nie, nog duisende manne moet dit hoor.” Die konferensie by die NG Kerk, Amsterdam, duur vanaf Vrydag, 15 April, om 18:00 tot 21:00 en weer Saterdag 16 April vanaf 08:00 tot 15:00. Sondag se erediens skakel ook hierby in. Teen R100 per man/ hoërskoolseun, met etes ingesluit, is dit werklik ‘n geleentheid wat nie agterweë gelaat behoort te word nie. Kom beleef dit self, dit ís die moeite werd. Kontak Ds. Carl Schunke te 083 650 6233, vir meer besonderhede.