Ringbal Sosiale Dag

Ringbal
Aksie op die ringbalbaan
Die Mpumalanga Ringbal federasie het die afgelope naweek (26 tot 28 Februarie) ‘n sogenaamde “sosiale dag” in Middelburg aangebied waartydens al die spanne in Mpumalanga teen mekaar kon kompeteer in vriendskaplike wedstryde.

Een damespan en een manspan van Piet Retief het deelgeneem en hulle baie goed van hulle taak gekwyt al was dit baie van die spelers se eerste wedstryde. Hulle het dit ongelooflik baie geniet. Die spanne (dames en mans) het elkeen drie wedstryde gespeel waarvan hulle een gewen en een gelykop gespeel en een verloor het. Dit is duidelik dat die spelers by die oefe-ning baat vind en die tegnieke is goed toegepas.

Die liga skop af op Saterdag, 5 Maart en die eerste ligawedstryde vir die seisoen word om 14:00 tuis, in Piet Retief, gespeel. Almal word hartlik uitgenooi om te kom kyk. Nuwe spelers is steeds welkom! Kontak gerus vir Zonja (082 468 2902) om te kom deel word van hierdie lekker sport.