Padhardloopnuus – Voorgee

Padhardloopnuus
Padhardloopnuus

Padhardloopnuus  – Net soos die armes, sal ons diegene wat voorgee dat hulle kan hardloop, seker ook maar altyd by ons hê.

Die maandelikse voorgeetydtoets bied wel ‘n ideale geleentheid vir hulle wat maar net voorgee dat hulle kan hardloop en hulle wat regtig kan hardloop, om met mekaar mee te ding. Aan die hand van vorige beste tydtoetstye, spring die stadigste slakke eerste en die gulsigste spoedvrate laaste weg; en die res so tussendeur. Die wenner word beloon met die gesogte wisseltrofee terwyl een of ander wegblyer of ander onderpresteerder met die Vaselina-trofee tot orde geroep word. After Vaselina had warned Laiken not to lose focus, the latter came back in great style to win the handicap time trial on 8 March. Jan and Werner, due to their laid-back approach, are now being haunted by the little hippo (Ms Vaselina).

Indien mens sowel Vrydag, 18 Maart, (wanneer die eerste van twee opeenvolgende langnaweke begin) as Sondag, 29 Mei, in berekening sou bring, is daar slegs 73 dae oor voordat die 2016 Comrades agter die rug sal wees. Van sommer net langnaweek hou, is daar dus nie juis sprake nie. Om alles te kroon sal die dag en die nag eersdaags ewe lank wees, waarna die nagte stelselmatig langer en die dae korter en, veral soggens vroeg, kouer gaan word. Despite last week’s lovely rain, for which we are extremely thankful, a field of no less than 57 highly committed fun runners, mostly belonging to the younger generation, enjoyed another Wednesday evening fun run. It is, no doubt, true that road running is full of fun.

Dit was ‘n belewenis om “Harties” se water te sien en te hoor toe al tien die sluise Saterdagoggend oop was. Vier van ons (Francois Ludick in 5:07, Johan Greef in 5:14 en Kobus Stapelberg en Chris Stander in 5:55) het dit goed gedink om die Om die Dam-ultramarathon oor 50km  by ons Comradesvoorbereiding in te sluit. Minstens twee van ons wil gladnie voorgee dat alles pluis is nie en gee trouens toe dat daar nog baie harde werk voorlê. Ons het nou wel meegegee, maar ons het nie ingegee nie. Laat waai, Assegaai!

Laiken with her well-deserved handicap time trial trophy
Laiken with her well-deserved handicap
time trial trophy
Party van die Om die Dam-deelnemers: René (10 km) en ultramarathondrawwers Johan, Kobus, Chris en Francois
Party van die Om die Dam-deelnemers: René (10 km) en ultramarathondrawwers Johan, Kobus, Chris en Francois