Like Father Like Son

Phillip Serfontein

Like Father Like Son – In 1986 het Phillip Serfontein, as sestienjarige leerder van Hoërskool Piet Retief die atletiekbane in die land aan die brand gehardloop!

Baie rekords is gebreek en in die proses ook baie Pietie-meisies se harte. . . Dertig jaar later in 2016 is dit Phillip se seun, Stiaan Serfontein, se beurt om harte te verower op die atletiekbaan. Stiaan is tans ‘n graad 10-leerder aan Hoërskool Piet Retief en is een van die skool se Top 10-atlete, waar hy op sy beurt die een na die ander rekord laat spat en die lint by die wenpaal breek. Die appel het gewis nie hier vêr van die boom geval nie en vandag kan pa en seun breëbors spog en beslis sê, dat hul HPR se vlag met trots laat wapper het en nog steeds laat wapper.

Like Father Like Son
Stiaan Serfontein