Landsdiensuitstappie

Landsdiensuitstappie
Landsdiensuitstappie
Landsdiensuitstappie na Huis Immergroen – ‘n Groep Laerskool Piet Retief Landsdienskinders het op Woensdag, 9 Maart by Huis Immergroen gaan kuier.

Met dankbaarheid oor die reën wat val, het die kinders na die tehuis vir bejaardes gestap. Met die instap het die kinders rye gevorm en in die sitkamer gaan sit waar inwoners van die tehuis en Villa Sandra op hulle gewag het. Jufffrou Elize Riekert het geopen. Sy het vir die kinders en die bejaardes wat teenwoordig was, vertel hoekom die ouer mense vir ons kosbaar en spesiaal is. Die kinders het hierna vingertjies vol room geneem en sagkens die senior burgers se hande gevryf.

Groot waardering was sigbaar op die oumas, oupas, ouma-grootjies en oupagrootjies se gesigte. Kinders en oues van dae het heerlik gesels en die kinders het gesing. Die kinders het baie lekker gekuier en dit geniet! Die graad sewe leerders het die inwoners en personeel van Huis Immergroen, asook die Landsdienspersoneel en ouers bedank vir die geleentheid om by die tehuis te kon kuier. Hierna het die groep terug skool toe beweeg, met heelwat om oor na te dink. Nou kan die Landsdieners skaars wag om te sien wat volgende kwartaal se Landsdiens vir hulle inhou. Landsdiensgroete

Landsdiensuitstappie Landsdiensuitstappie