HPR sport

sport
Rugby Boys

HPR sport – 1ste Rugby Die eerste span het die naweek ‘n skitterende wedstryd gehad teen Hoërskool Pionier van Vryheid.

Piet Retief het eerste punte aangeteken deur hulle kaptein Herman Schlebusch. Morné Badenhorst het die drie verdoel en ook later ‘n skitterende strafskop deur die pale gejaag. Halftyd was Piet Retief 10-0 bobaas. Die tweede helfte het Pionier hard teruggeveg en twee drieë gedruk. Piet Retief het die hele wedstryd in Pionier se helfte geboer maar kon egter nie daarin slaag om punte aan te teken nie. Spelers van die wedstryd was Marnus Stapelberg, wat sy terugkeer op buitesenter gemaak het en Pionier menige keer na hulle asems laat snak het met sy rotsvaste verdediging, Xolani Mavundla het gewys dat hy die potensiaal het om ‘n kookwaterflank te wees en het self ‘n skitterende wedstryd gehad.

Die eindtelling was 14-10 in Pionier se guns. 0/15A Rugby Net soos verlede jaar, gly ons weer teen Pionier. Ons loop 10-0 agter maar veg mooi terug. Chester druk ‘n baie mooi drie en Armand skop oor vanuit die hoekie. Die rustyd telling 7-10. Ongelukkig kon ons nie in die tweede helfte punte aanteken nie. Eindtelling 7-10. Back to basics manne!! O/14 Rugby There was a big sigh of relief after the final whistle blew and we claimed our second victory this season. It was an unbelievable tough game, but we pulled it off.

Allister het vroeg in die wedstryd oorgegaan vir ons eerste drie en van daar af moes ons baie hard werk om die spel aan die gang te hou. Om so gereeld gestraf te word maak dit moelik vir ‘n span om terug te val en heeltyd jou doellyn te moet verdedig. Met al die harde oefening is ons verdedeging van goeie gehalte en kon Pionier nie daarin slaag om ‘n enkele punt teen ons aan te teken nie. Met rustyd was daar hard gepraat en in die tweede helfte kon ons weer slaag met ‘n drie deur Konke. Die wedstryd eindig 10–0 vir ons. 1ste Hokkie Saterdag, 5 Maart, het Piet Retief teen Pionier te staan gekom. Die meisies het met ‘n groot veggees op die veld gedraf. Teen halftyf kon nie een van die twee spanne egter ‘n bal in die kas kry nie. Pietie meisies het hulle harte uitgespeel maar ongelukkig het Pionier in die laaste minute deur die verdediging gebreek en ‘n doel aangeteken. Pionier wen 1–0. Meisie van die wedstryd is Anri Smit met haar uitstekende verdediging. 2de Hokkie

Dit was ’n tawwe stryd aangesien die twee spanne al vir 3 jaar in ’n ry gelykop speel. Die gemoedere het hooggeloop voor die wedstryd as gevolg van ’n paar uitdagings wat die span in die gesig gestaar het. Teen halftyd was die telling steeds nul elk. Vroeg in die tweede helfte het Neike ’n uitstekende klapdoel aangeteken en dit het die meisies nuwe moed en motivering gegee. Ongelukkig was Pionier kort op ons hakke met hulle eerste doel. Almal in die span het hulle harte uitgespeel maar ongelukkig het Pionier net voor die eindfluitjie weer ’n doel aangeteken. Die eindtelling was dus 2-1 in Pionier se guns. Die spelers van die wedstryd was sonder twyfel Thobile Vilakazi (goalie) en Celine Ferguson (sweeper). Welgedaan meisies! 0/16 Hokkie Berig deur HPR Saterdag het die dogters te staan gekom teen ‘n baie gedetermineerde Pionierspan. Van die begin af was ons verdeding weereens solied. Alhoewel die dogters bietjie tam gelyk het, slaag hulle daarin om na baie goeie samespel ‘n skitterende doel aan te teken.

Pionier bounced back and managed to break through our defence to score an equalising goal. Half time score: 1 all. In extreme heat, the Piet Retief girls took advantage of their fitness and scored two more goals. Their determination led them to a well-deserved 3-1 victory. Man of the match was awarded to Amelia Masango, our goalie, who had an excellent game. O/15 Hokkie Die dogters verloor naelskraap met 2 – 1 teen Pionier. Die enigste doel van die span word geskiet deur Chanté Erasmus. Eerste Seunshokkie Met groot opgewondenheid draf die eerste seunshokkie span op die veld om kragte te meet teen hul opponente van Vryheid, Pionier Hoërskool. Die fluitjie blaas om te begin en so ook Piet Retief se aanvalstaktiek. Na ‘n gespanne vyftien minute, breek Piet Retief deur en teken Wellington Shabalala die eerste doel aan. Piet Retief se agterspelers blyk egter een te veel te wees en is die bal weer Piet Retief s’n.

Die word dadelik na die vleuels gestuur en word die tweede doel kort daarna deur kaptein Joshua Terblanché aangeteken. Die tweede helfte is uitdagend en word daar geen verdere punte aangete-ken nie, P.W. Bruwer en Wellington probeer hul uiterste bes en bewys Hubert Filter dat hy tot bereid is om sy lyf op die spel te plaas vir sy span! Die tweede helfte eindig sonder enige verdere doele aangeteken, maar stap die Pieties moeg, maar trots van die veld af. Armand, Ettienne Boshoff en Wellington word as spelers van die wedstryd aangewys. NETBAL O/14 Die span het die afgelope naweek ‘n tawwe westryd teen Hoërskool Pionier gehad. Gelukkig met hul deursettingsvermoë wen Pieties 12-9. Speler van die wedstryd – Tsholofelo Rammontsha. O/16 Na ‘n wegholoorwinning van 38-4 teen Hoërskool Volksrust, kou ons harde bene teen Hoërskool Pionier. Almal speel verwoed, maar ongelukkig verloor ons die wedstryd. Speler van die wedstryd – Nolwazi Nkonde (HV). 2 de Netbal It was like you were the only team on the field for the first 10 minutes…

Die meisies het hulle goed van hulle taak gekwyt. Hulle was die eerste helfte heeltyd op die aanval. Nomubuso was die speler van die wedstryd. Ons is oortuig dat dit ‘n spanpoging was wat aan ons ‘n wen verseker het 1ste Span Die 1ste netbalspan het hulle aanvanklik in ‘n taai stryd bevind. Hulle het egter kalm en doelgerig hul eie spel gespeel en gaandeweg die oorhand gekry. Fiksheid was die deurslaggewende faktor. Hulle spelpeil en tempo het gaandeweg toegeneem en hul opponente moes swig voor hulle meerdere vaardigheidsvlakke. Baie geluk met ‘n puik wedstryd. Piet Retief wen 31-22 en Rylee Bronkhorst was die speler van die wedstryd. All teams play at home against Ferrum Newcastle this Saturday.