Grootskaalse herwinning

Grootskaalse herwinning
“Pasella” - die naam spreek vanself

Dit is soms verstommend om te sien wat mense weggooi en in Piet Retief val die pleidooie om herwinning meermale op dowe ore.

Soos wat die een se dood die ander se brood is, so is sommige mense se weggooigoed ‘n ander se mooimaakgoed of nog beter, gebruiksgoed of selfs speelgoed. So word daar dikwels redelik herwinbare goedere opgetel wat met ‘n bietjie kundigheid en harde werk weer bruikbaar gemaak kan word. Een persoon wat al vele goedere herwin en herstel het is Nana Leff. Die mees onlangse “weggooiproduk” wat hy raakgeloop het, was ‘n boot.

Nadat Nana ‘n nuwe sleepwa vir die boot gebou het, twee nuwe motors geïnstalleer het en al die nodige binnewerk en verseëling ensovoorts gedoen het, het hy begin met verf- en afrondingswerk. Die eindproduk is vestommend! Die boot lyk nou nie net mooi en splinternuut nie, dit is ook goed watervaarbaar. Nana het die boot verlede week op die water getoets en geen probleme ondervind nie. Wanneer u dus vullis (op die regte plek) gaan stort, kyk maar bietjie rond, veral as jy iemand is wat, soos Nana, baie handvaardig is. Jy loop dalk net ook ‘n besondere voorwerp raak wat jou nog baie genot kan verskaf deur die restourasie en latere gebruik daarvan.

Die binnekant van die boot was baie verweer en verwaarloos en daar was ‘n groot gat in die romp
Die binnekant van die boot was baie verweer en verwaarloos en daar was ‘n groot gat in die romp
Die pragtig herstelde boot op die splinternuwe, selfgeboude sleepwa
Die pragtig herstelde boot op die splinternuwe, selfgeboude sleepwa
Iemand het ‘n boot, op die ashoop weggegooi, hy was gedaan en stukkend, en nie meer mooi nie . . .
Iemand het ‘n boot, op die ashoop weggegooi, hy was gedaan en stukkend, en nie meer mooi nie . . .