Besige tyd vir nooddienspersoneel

Besige tyd vir nooddienspersoneel

Donderdagaand, 25 Februarie, het ‘n besige dag of twee vir die plaaslike nooddienspersoneel ingelei toe ‘n ongeluk omstreeks 21:30 plaasgevind het.

Blykbaar het die bestuurder van ‘n motorvoertuig, wat in die rigting van Ermelo beweeg het op die N2 (naby die aftdraai na Charka), ‘n ander voertuig probeer verbysteek toe dit nie heeltemal veilig was om dit te doen nie. Daar is ‘n blinde hoogte en ‘n dienooreenkomstige sperstreep op die pad waar die ootreder vermoedelik verbygesteek het. Die bestuurder van ‘n aankomende vragmotor (oppad na Piet Retief) het ‘n botsing probeer vermy en uitgeswaai na links. Terselfdertyd het die bestuuder van die motorvoertuig ook uitgeswaai en ‘n trompopbotsing tussen die motor en die vragmotor het eintlik langs die pad plaasgevind.

Die bestuurder van die motorvoertuig is noodlottig beseer tydens hierdie botsing. Dit wil voorkom asof byna 80% van sogenaamde trompopbotsings só plaasvind. Twee voertuie waarvan die bestuurders beide uitswaai en dan tog bots. Besige tyd vir nooddienspersoneel Op Vrydag, 26 Februarie, het drie groot ongelukke plaasgevind, vandaar die geloei van sirenes wat menige inwoner gehoor het. Net voor 08:00 die Vrydagoggend het ‘n byna komieklike ongeluk plaasgevind, sou ‘n mens kyk hoe die voertuie eindelik “geparkeer” was. Twee voertuie het albei vanaf Ermelo se kant in die rigting van Piet Retief beweeg op die N2, net duskant Iswepe.

Die een bakkie se bestuurder besluit toe vermoedelik om ‘n U-draai te maak en ‘n botsing het plaasgevind. Beide voertuie is gevolglik van die pad af en het byna bo-op mekaar tot stilstand gekom. Geen ernstige beserings is deur enigiemand opgedoen tydens die voorval nie. Omstreeks tien-uur, half-elf die aand (steeds 26 Februarie) was die nooddienspersoneel oppad vanaf ‘n minder ernstige ongeluk toe hulle uitgeroep word na ‘n ongeluk naby aan waar hulle was. Hulle was dus besonder vinnig op die toneel.

‘n Rooi bakkie het in die rigting van Ermelo beweeg (naby die Derby-aansluiting met die N2), maar die bestuurder het helaas blykbaar in die vinnige baan vir aankomende verkeer gery, in plaas van in sy eie baan. Aankomende verkeer waarvan die bestuurders betyds kon uitswaai het ‘n SAPS-voertuig en ‘n tweede voertuig ingesluit. Die derde voertuig, ‘n groot bakkie, se bestuurder was minder gelukkig en ‘n botsing het plaasgevind. Gelukkig het niemand ernstige beserings opgedoen nie. Vroeër dieselfde aand, om ongeveer 17:30, het ‘n groot ongeluk in Krugerstraat plaasgevind.

‘n Bakkie met ‘n vrag vuurmaakhout het vanaf die Wakkerstroomrigting in Krugerstraat beweeg. In die draai van die pad, naby die SAPS “cluster office”, het die bakkie blykbaar geswaai, omdat dit vermoedelik te swaar gelaai was, en voor ‘n aankomende minibus- taxi beland. Die bestuurder van die bakkie het blykbaar die hasepad gekies. Drie persone is redelik ernstig en ses lig beseer tydens die botsing. Die ignoreer van sperstrepe, bestuur onder die invloed van drank of dwelms en oorlaaide voertuie, bly maar ‘n groot risiko … Die publiek word nogeens gevra om asseblief nie op ongelukstonele rond te staan nie – dit bemoeilik die werk van die nooddienspersoneel ontsettend baie.

Besige tyd vir nooddienspersoneel Besige tyd vir nooddienspersoneel Besige tyd vir nooddienspersoneel Besige tyd vir nooddienspersoneel Besige tyd vir nooddienspersoneel