Asjas sporttoernooi

Asjastoernooi sporttoernooiAsjastoernooi sporttoernooi
Asjastoernooi sporttoernooi
Op Vrydag, 11 Maart, het ‘n opgewonde groep eerste span netbal-, rugby- en hokkiespelers van Laerskool Piet Retief vertrek na Empangeni om aan die jaarlikse Asjas sporttoernooi te gaan deelneem.

‘n Opgewonde gebabbel het ‘n mens by die skool begroet waar kinders, met nuwe sportdrag en gereed vir ‘n naweek vol opwinding, die minute afgetel het voor die bus sou vertrek. Die eerste stop was by die ski-bootklub in Richardsbaai waar almal heerlik in die swembad baljaar het. Ons het ook gesmul aan smaaklike hamburgers en skyfies. Ons aandete was by Hoërskool Empangeni se koshuis.

Netbal – Na ‘n lang dag, is ons almal vroeg bed toe en het ons lekker uitgerus vir die sportdag te Laerskool Heuwelland. After a delicious breakfast at Maxi’s everybody was ready for a day filled with sport. We played five matches during the day. The scores were: PR 14 – Empangeni 2, PR 10 – Arboretum 1, PR 8 – Veldenvlei 9, PR 8 – Port Natal 5, PR 19 – GPPS 0. The cool water of the ocean rounded off a very good day. Baie dankie aan ons borge Helene Paul, Hanchen Erasmus en Marina en Norman Creydt. Tanya, Cayla, Ané, Angel, Nomvuyo, Ziyanda, Luthando and Senamile – thank you for your dedication and sportsmanship. We are looking forward to the rest of the season. Remember, “God is with you in all that you do”. Gen. 20:22 (Mev Anna-Marie Weber & Mej. Colenne Botha)

Rugby –  Die twintig rugbyseuns het tydens ‘n baie suksesvolle oefening by “Richards Bay Primary” in Richardsbaai gewys wat in hulle steek. Daarna het ons by die bootklub gaan middagete eet en ook lekker geswem. Ons het ook strand toe geloop en in die see gaan swem. Later by ons blyplek, Empangeni Hoërskoolkoshuis, het ons aandete geniet en het ons vroeg gaan slaap om uit te rus vir die volgende dag se rugby. Op Saterdag, 12 Maart, is daar `n lekker ontbyt by Maxi’s geëet om ons krag te gee vir die dag wat voorlê. Dit was tyd vir die eerste wedstryd van die seisoen teen Laerskool Arboretum. Die seuns het pragtig gespeel maar het 0-3 verloor.

Met die tweede wedstryd is daar goed saamgespeel en wen ons 35-0. Elke seun het sy beste gedoen en gewys dat daar `n goeie seisoen voorlê. Na die rugby is ons na die strand toe om af te koel na die hittige oggend. Almal het lekker geswem en gespeel. Baie geluk aan Carla Niebuhr en Chris Maree wat onderskeidelik aangewys is as ystervrou en ysterman, 2016. Die aand het ons by die winkelsentrum gaan eet en bietjie vensterinkopies gedoen. Sondagoggend het ons vroeg opgestaan en ‘n lekker ete by Steers geniet, voordat ons die lang pad aangepak het huis toe. Baie dankie aan al die ouers vir die ondersteuning en boodskappe wat gestuur is! (Mnr. PW Joubert)

Hokkie – Wat ‘n voorreg vir ‘n afrigter om met so ‘n groep kinders te kon deelneem aan die Asjas-toernooi! Ons Pieties was voorbereid om in baie warm toestande met hoë temperature deel te neem. Hierdie jaar was egter‘n “bal” van ‘n ander kleur! Dit het ‘n groot deel van die oggend gereën wat die veld in rooi kleigrond verander het met ‘n groot modderbal in plaas van ‘n hokkiebal! We played four matches and drew 2, lost 1 and played a fantastic match which we won 4-0!

Congratulations to all 12 girls, Anke, Claudia, Hlengiwe, Carla, Lethu, Gabi, Carolyn, Ntombi, Lulu, Karlien, Jenske and Cherenè! You made us very proud! Geluk aan ons twee vuurwarmvleuels Cherenè en Karlien wat elkeen twee doele aangeteken het, asook Jenske en Anke wat gekies is as kapteine. ‘n Spesiale dankie aan Selvyn en Rona Niebuhr, Pieter en Elsie de Villiers, Wynand en Lynn Brits, Henk en Alma Nel vir julle bydrae om ons dogters op watter manier ookal spoggerig te laat lyk en te sorg vir ‘n lekker ete en roomys gedurende ons toer! A special thank you to Mr and Mrs Ndlangamandla and all the other parents not mentioned who came to support us during the tour! We are proud to have you as parents and our biggest fans! Laaste maar nie die minste nie, Mnr. Connie Vermaak en Mnr. Johan Pretorius van TWK vir die borg van die hokkie-, rugby- en netbaloefenhempies. (I-René Fouché)

1ste Rugbyspan saam met Mnr. PW Joubert en Mnr Alex van Vuuren
1ste Rugbyspan saam met Mnr. PW Joubert en Mnr Alex van Vuuren
1ste Hokkiespan saam met afrigters Me Didi Ngwenya en I-René Fouché
1ste Hokkiespan saam met afrigters Me Didi Ngwenya en I-René
Fouché