Save Water Piet Retief
Save Water Piet Retief

Daar word steeds gereeld bale voer geskenk en na boere geneem in droogtegeteisterde gebiede en water word op ‘n gereelde basis na ons erg waterbehoewende buurdorpe geneem.

“Ek was honger, en julle het My iets gegee om te eet; Ek was dors, en julle het My iets gegee om te drink”… Die Piet Retiewers maak mens werklik sommer baie trots.Sonder dat daar enige druk op iemand uitgeoefen word of enigiets “aan die groot klok gehang word” maak ons mense hulle hande en harte oop vir diegene in nood. Ons inwoners is nie net trots Suid-Afrikaans nie, maar ook trots Piet Retief/Mkhondo! Hulle hou aan omgee en deel.

The project at the local Emergency Department is still going on. Another 5 000 litres of bottled water was, for example, loaded at the local Emergency Services Department on 8 February and taken to Paulpietersburg. Thank you Splash Water, Pick n Pay and Cedric Jones. Another eight times 10,000 litre tanks of water are being transported to Vryheid and 1 000 ten litre bottles have been taken to Paulpietersburg. The water in Vryheid is sorted into different categories, like drinking water, washing water and so on, and residents may collect water at allocated times.

Thank you also to Rinkel-Krinkel Kleuterskool, Kobus Pretorius and Noddy’s Pre-Primary School for the water donations that have been delivered to the Pre- School in Paulpietersburg. The children and teachers were overjoyed! Shirley Scheepers says she merely phoned a few friends to help and that she is overjoyed that the whole project has escalated into an enormous reaching out to our neighbouring towns. TWK se Perfect Water het 15 000 liter gesuiwerde water na Vryheid geneem. Dankie! In Vryheid het die seuns van Filidi High School, onder toesig van hulle hoof Mnr. S.V. Thusini en saam met TWK en Vryheid verteenwoordigers, gretig gehelp om die water af te laai.

Mev. Magda Viktor, koÖrdineerder en projekbestuurder van die Vryheid-waterprojek sê dat dit nou weer reën in Vryheid – hulle ontvang net hulle reën gebottel. Shirley sê daar word nog dringend geleentheid gesoek om van die water wat geskenk is en geskenk word te vervoer. Dankie aan almal, ook diegene wat nie hier genoem is nie, wat reeds aan hierdie projek meedoen en dankie solank aan diegene wat nog betrokke gaan raak. Dink maar net hoe dit sou wees indien ons aan die ontvangkant sou wees … Mooi so, Piet Retief! “Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen.”

Save Water

TWK se bydrae
TWK se bydrae