Rinkel Krinkel hou atletiek

Rinkel Krinkel hou atletiek
Athletics Piet Retief School
Op julle merke, gereed, gaan! So spring die Gr. R atlete van Rinkel Krinkel weg op die reis van hul “grootskool” loopbaan wat in 2016 begin het.

Met groot opgewondenheid by die meeste kleuters en ‘n gevoel van oorweldigheid by ander, het hulle baie braaf op die atletiekveld aangetree en gewag vir die fluitjie om te blaas. Hulle almal het voluit gehardloop tot by die wenstreep en met oorgawe deelgeneem. Ons is baie trots op elke Gr. R maatjie van Rinkel Krinkel.