Fun run

Fun run
Piet Retief Fun run

We must now carry this momentum forward to the business relay on 3 February and the 4.9 km early morning fun run on 20 February.

For those of you who might by then perhaps not be satisfied with just another fun run, the Assegaai 10 km race will surely provide a challenge which should be conquered without too much discomfort. Running is actually quite simple. Should you get tired, you simply resort to walking. Meanwhile Sheldon (082 9208573 or hallis@ wellspring.org.za) is willing, ready and able to accept your entries for the relay.

Piet Retief se verversingspunte is legendaries, want ons verversingspuntspanne het oor die jare heen telkens die deelnemers aan ons wedlope getrakteer op koue drinkgoed, smullekker energieryke happies en gasvryheid sonder weerga. Die volgende spanne, vir wie ons solank sommer baie dankie sê, het reeds bevestig dat hulle op 20 Februarie op hulle onderskeie poste sal wees: A van der Walt Ingelyf, Stucky Motors, Charka, Tekwane, Piet Retief Wheelers, Hino, BJ Steelworx, TWK en Vodacom.

Dit is wel waar dat hardloop mens kan moeg maak. Dit is trouens ook waar dat hardloop mens soms baie moeg kan maak. Dit is egter veral waar, dat Piet Retief se mense nog lank nie moeg is vir hardloop nie en waarskynlik nooit daarvoor moeg sal word nie. Wanneer 235 van ons mense spontaan, entoesiasties en boonop doelgerig aan ‘n pretdraf deelneem, bewys dit tog onteenseglik dat hardloop eintlik pure pret is. Nee kyk, 20 Januarie se pretdraf, was pret by uitnemendheid.

Piet Retief Fun run
Piet Retief Fun run