HPR Valentynsbal

HPR Valentynsbal - Pad na jou hart

Hulle sê die pad na ‘n man se hart is deur sy maag, en die pad na ‘n meisie se hart is deur haar pa. Op Donderdag, 11 Februarie, het die leerders van Hoërskool Piet Retief nie van hul harte ‘n moordkuil gemaak nie.

Die “Pad na jou Hart” – Valentynsbal was ‘n padkaart na vele pret, dans, liefde en vreugde. Dit was ‘n aand van herinneringe bou, saam met spesiale mense en waar harte gesteel is.

Die pasgetroude Schlebush-egpaar kan nou die taal van harte goed verstaan en die tweetjies het saam met die Sosiale Raad gesorg vir ‘n onvergeetlike aand. Hoërskool Piet Retief het die liefde behoorlik herdenk. Die liefde in die skool het geblom en almal het met hartjies in hul oë rondgeloop. Kom alle hartediefies en gaan loop die pad van liefde en gaan vind die regte pad na jou hart.

Ananja de Bruyn