HPR Interhuis 2016

HPR Interhuis 2016
Bongumenzi
HPR Interhuis 2016 – AANSTAP ROOIES . . . . . . . die pad was lank en swaar . . . . . Die rooispan het uiteindelik na baie jare se wendroogte, weer die geesbeker omhoog gehou. STADIG UIT DIE BLOKKE – VINNIG IN DIE PYLVLAK!!

Baie geluk aan al die spanne wat deelgeneem het, in besonder die Blouspan wat die algehele wenbeker vir die beste prestasie op die dag ontvang het. In besonder wil ons vir Piet Retief Super Spar baie dankie sê wat die dag geborg het, asook TWK wat die pryse geborg het – sonder julle bydrae sou die dag nie so suksesvol gewees het nie! Aan al die onderwysers, afrigters en ouers wat die kinders so mooi ondersteun en gehelp het, baie dankie!

Aanvanklik sou die jaarlikse Interhuis op Saterdag 16 Januarie plaasgevind het, maar na deeglike oorweging moes Mnr. Bouwer ongelukkig die atletiek uitstel na Maandag, 18 Januarie, as gevolg van die reën en die gevaar dat atlete beseer sou word. Wel, die wag is altyd die moeite werd en ons is beloon met opwindende vertonings deur ons Pietieatlete. Sterkte aan al die atlete wat deurgegaan het na die Interhoër – julle het hard gewerk om daar te kom, nou is dit net die laaste pylvlak wat julle moet bereik. Hou die Pietie naam hoog! Anri Smit

HPR Interhuis 2016
HPR Interhuis 2016