Heerlik is dit in Huis Immergroen

Heerlik is dit in Huis Immergroen

Ja, wanneer daar gebraai word, besoeke gebring en skenkings ontvang word en die gesondheid boonop redelik goed is, gaan dit klopdisselboom in die tehuis.

Mnr. Andries Erlank en sy span van Tony’s Toolhire word hierdie week van harte bedank vir die heerlike braai op Woensdag, 3 Februarie. Die inwoners het die lekker skaaptjoppies en wors besonder baie geniet. Baie dankie! Ons verwelkom vandeesweek vir Mnr. Johan Mit-chell in ons midde. Hy is Michelle Engelbrecht se moeder se eggenoot en het sy intrek by Huis Immergroen geneem op 4 Februarie.

Baie welkom, Oom! Ons vertrou dat u baie gelukkig sal wees in die tehuis. Tannie Nieuwenhuizen is terug in die tehuis nadat sy in die hospitaal was. Welkom terug Tannie! Spoedige, volkome beterskap word Tannie toegebid. Amal wat die afgelope tyd donasies en skenkings gegee het word ook spesiaal bedank. Die vars produkte soos die heerlike vars groente en eiers, en natuurlik die besonder lekker jogurt, word beslis baie waardeer! Moet asseblief nooit ophou om ons bejaardes ook op hierdie manier te onthou nie. ’n Vriendelik woordjie word ook hierdie week tot die families van bejaarde inwoners gerig. U betrokkenheid en hulp en liefde word regtig sommer baie waardeer!

Daar is egter wel ‘n paar haakplek- ke waarmee die personeel u hulp be-nodig. Indien u bejaarde geliefde na ‘n privaatdokter of na ‘n hospitaal geneem moet word en dit ’n lang wag impliseer, kan die personeel van Huis Immergroen nie altyd vir u instaan nie. Personeel kan nie vir sulke lang tye uit die tehuis onttrek word en feitlik heeldag afstaan vir so ‘n mediese nood nie, aangesien die ander inwoners hulle ook nodig het. Die personeel kan ook nie so ‘n persoon net afllaai en aan sy/haar eie lot oorlaat nie. Probeer asseblief saamwerk en reëlings tref vir sulke omstandighede. Huis Immergroen is nie net ‘n sogenaamde “drop off zone” nie. Alles binne die personeel se vermoë word gedoen om in liefde u geliefdes in die tehuis te versorg, maar kan nie so ver buite bykom nie. ‘n Vragmotor voor die noodingang na die tehuis geparkeer

Dankie dat u ver-staan en baie dankie vir u samewerking. Die bestuur en inwoners bedank graag al die personeel vir hulle volgehoue harde werk. Die deernis waarmee julle met die inwoners werk word opreg waardeer. Die vragmotors wat voor Huis Immergroen se noodingang parkeer, bly ‘n probleem en ‘n oplossing word dringend hiervoor gesoek. Teen die tyd dat die drywer opgespoor is om die voertuig te skuif, of ‘n verkeerskonstabel op die toneel verskyn, mag dalk net te laat wees wanneer ‘n inwoner dringend by die hospitaal moet uitkom … Die inwoners sien reeds baie uit na beloofde kuiers in die week wat voorlê! Immergroen liefdegroete

‘n Vragmotor voor die noodingang na die tehuis geparkeer
‘n Vragmotor voor die noodingang na die tehuis geparkeer