Gholfnuus

Piet Retief Golfclub Gholfnuus
Piet Retief Golfclub Gholfnuus

Gholfnuus Verlede Woensdag was goeie tellings aan die orde van die dag.

Met Leon Niebuhr wat die kompetisie op ‘n uittel gewen het met 23 punte, was Dave van Blerk in die tweede plek. Saterdag was Martin Coetzer en André Croezer die wenners in die plaaslike beterbalkompetisie, met J.P. du Toit jnr en Eduan van Zuydam kort op hulle hakke in die tweede plek. Die seniorliga het ook afgeskop met ons een span wat op Walker Park gewen het en die ander plaaslike span wat op Volksrust gelykop gespeel het. Welgedaan aan die spanne!

Hierdie Saterdag speel twee van ons ander ligaspanne ook liga, met die Aspan wat tuis speel en die B-span weg. Tuis speel ons dus weer ‘n beterbalkompetisie, en ons hoop om almal op die baan te sien (wat terloops in ‘n puik toestand na die reën is). Ons eindig op ‘n hartseer nood, met die nuus van die tragiese afsterwe van een van ons oudgholfers, nl. Charlotte Giddy.

Sterkte aan haar familie en vriende.