Huis Immergroen probleme

Huis Immergroen

Die probleme by Huis Immergroen is werklik min, net die ellendige vragmotors wat die nooduitgang toeparkeer is ‘n ernstige probleem.

Die verkeersdepartement reageer flink wanneer hulle geskakel word, maar in ‘n uiterste noodgeval kan dit dalk net te laat wees. ‘n Ander, meer permanente oplossing word gesoek om die vragmotors daar weg te hou. ‘n Baie hartseer vehaal is dié van die afsterwe van Mev. C. M. Marais (tannie Corrie) van Pongola. Sy het van vroeg in Augustus 2014 in Huis Immergroen gewoon en is op Woensdag, 6 Januarie oorlede, nadat sy lank siek was. Haar eggenoot, Mnr. Gerhard Marais het baie gereeld vanaf Pongola vir sy geliefde Corrie kom kuier en dan sommer groente en ander vars produkte vir die tehuis gebring.

Die egpaar het geen kinders nie. Die bestuur, personeel en inwoners van Huis Immergroen bid Mnr. Marais sterkte toe met hierdie groot verlies en hulle betuig hiermee ook hulle innige simpatie. Mevrou Rita Nieuwenhuizen het haar heup gebreek. Sy moes daarna ‘n operasie ondergaan en sterk tans in die hospitaal aan. Baie sterkte, Tannie! Mag Tannie sommer gou weer terug wees tussen die vriende in Huis Immergroen. Nie almal besef seker hoe kreatief sommige van die tannies in Huis Immergroen is nie.

Daar word lekker gehekel en gebrei en selfs geskilder! Heelparty van die dames is regtig handvaardig. Tannie Toy Coetzer skilder pragtig en ons sal julle nog wys! Tannie Shorty Brits is een van die ywerige breiers en sy brei tans pragtige kombersies en bababaadjies. Nee kyk, hierdie dames is nie ledig nie! Vuyi Hadebe is December’s nurse of the month! Vuyi clearly is passionate about her work. She says she really likes what she is doing. When she was asked whether she had favourites among the residents, she said “most of them”! She went on to say that she has got used to the very few difficult residents and that they are therefore not difficult anymore. Thank you very much for the loving care you give our aged residents! Now you can frame this article and hang it with your framed rosette …

Vriende van Huis Immergroen, onthou om ons te onthou! Kom kuier vir ons bejaardes en kom maak asseblief vir ons ‘n bietjie musiek! Musiek is nie gebind aan taal nie en almal kan dit verstaan en geniet. Die inwoners verlang na ‘n bietjie musiek en as dit binne jou/julle vermoë is, vergeet dan asseblief om ons te vergeet. Al kan jy nie self ‘n instrument bespeel of sing nie, kom speel musiek op CD’s of plate, dit sal regtig baie waardeer word! Immergroenliefde