VLU Nuus

Helena Joubert - Voorsitter
Helena Joubert - Voorsitter

VLU Nuus – Die jaar 2015 is in die laaste pylvak en soos gebruiklik, is ons nuwe bestuur vir 2016 aangewys.

Ons is opgewonde dat Helena Joubert weer as voorsitter verkies is met Sonja du Toit as haar visevoorsitter en regterhand. Mariet Galt is ons sekretaresse en beloof om almal op hoogte te hou van alles. Die bekwame Santie du Toit hou wag oor die finansies en die addisionele lede is Linda Nhlabathi, Janeen Herrington, Elanie Rodewald en Charleen Putter. Ons sien sommer baie daarna uit om saam met dié bekwame span 2016 aan te pak. Die jaarprogram is reeds opgestel en beloof om ‘n bedrywige maar interessante jaar te wees.

Die eier is die produk van die jaar en almal sien uit om meer van die veelsydige produk te leer en te eksperimenteer. Lede gaan elke vergadering ‘n interessante projek doen. Ons persoonlikheid van die jaar is die bekende Jan Braai en hy kan geniet word deur sy TV program op Kyknet te volg. En ons eie Dr. Smith se ma, Bets Smith, is ons skrywer van die jaar. Ons sien baie daarna uit om deur middel van haar boeke met haar en haar ongelooflike talent kennis te maak.

Ons jaarlikse afsluiting was by Munch Restaurant gehou en met hartseer het ons afskeid geneem van ons geliefde Moira Roux en die talentvolle Trish Swan. Beide dames verhuis en ons wens hulle net die beste toe en dat hulle geseën sal word in hulle nuwe tuistes. Ons sal julle mis. Ons sien uit na ‘n baie aangename 2016 VLU jaar waar daar baie geleer gaan word en wonderlike vriendskappe gaan gesmee word. ‘n Geseënde feestyd word almal toegewens met VLU groete van huis tot huis.

Die mooie Mariet Galt, sekretaresse
Die mooie Mariet Galt, sekretaresse
Trish Swan
Trish Swan
VLU Nuus
Moira Roux, Trish Swan en Mariet Galt kuier vir oulaas saam