Plaaslike junior skoonhede

Elzaan - best groomed
Elzaan - best groomed

Die junior skoonhede Elzaan Kok en Karla Botha het op 21 November aan ‘n skoonheidskompetisie gaan deelneem en meegeding om die titel van “Miss Springs 2015”.

Hierdie kompetisie was terselfdertyd ‘n fondsinsamelingsprojek ten bate van die “Hi Five Kids Recovery Unit” en elke finalis moes ‘n bedrag geld insamel. Elke enkele borg word hiermee bedank vir die ruim bydraes wat hierdie dogters se deelname moontlik gemaak het.

Vernadette Lourens (organiseerder) en elke ondersteuner word ook hartlik bedank! In die Excelsior Nuus van 29 Mei is berig dat Karla Botha op 16 Mei te Nelspruit gekroon is as “Little Miss Lowveld” in die “Lowveld Beauty Pageant”. In Springs het sy dit nou weer gedoen en is gekroon as “Miss Springs” in haar ouderdomskategorie.

Karla (6 jaar oud) het gewen in die kategorie vir 3 tot 7- jariges waar sy saam met twaalf ander deelnemers deelgeneem het. Sy is ook aangewys as Mej. Fotogenies in haar ouderdomsgroep. Elzaan (nou 15) behaal ook twee pryse, naamlik, “Best Ramp Model” en “Best Groomed” in die kategorie vir 14 tot 17-jariges. Voorwaar twee dogters om op trots te wees. Baie geluk aan die twee pragtige meisies en hulle ouers!

Junior skoonhede
Karla as Mej Springs mees fotogenies
Junior skoonhede
Elzaan – Best groomed en best ramp model