Padhardloopnuus – Blitspatrollie

Blitspatrollie
Jan van Vreden en Werner Peters het die Assegaaiers by die _Sani_ verteenwoordig
Die rus is elders? Jan van Vreden en Werner Peters, twee lede van die berugte en soms selfs ‘n effe gevreesde “Blitspatrollie”, het die ewe berugte en net so gevreesde Sani Stagger op 28 November die stryd aangesê; en oorwin.

Dit was beide se vyfde “Sani” en hulle het die 42,2 kilometer, teen die pas uit en weer af, in ‘n netjiese tyd van 4 uur en 45 minute afgelê. Laat waai, Assegaai! Dit is Desember: Feestyd, vakansietyd, rustyd. Hierdie tyd van die jaar wil ‘n mens mos nou maar eenmaal eerder afskaal, ontspan en, les bes, sommer net sleg wees. Die ernstige padhardlopers durf egter nie laat slap lê nie en moet, trouens, eintlik juis nou die pap dikker begin aanmaak. Rus tot slegwordens toe is eenvoudig heeltemal buite die kwessie.

Toe die inskrywings vir die 2016 Comrades-Marathon die maksi- mum toelaatbare totaal van 20,000 bereik het, en ge-sluit het, het 23 Assegaaiers hulle minstens vir die huidge daartoe verbind om die lang pad tussen Pietermaritzburg en Durban op 29 Mei 2016 aan te durf. Klubkaptein Werner, oppad na sy groennommer toe, het ons kort en saaklik daaraan herinner dat die ernstige Comrades- voorbereiding aan die begin van Desember behoort te begin. Dis maar taai, Assegaai! 20 Februarie 2016 is Assegaai-dag 2016.

Die aap bly maar nog eers ‘n wyle in die mou, maar dit staan reeds vas dat die komende Assegaai 3-in- 1 noodwendig nóg ‘n dawerende sukses gaan wees. Met ons nuwe bekwame en begeesterde uitvoerende komitee aan die spits, die volle samewerking van letterlik elke klublid en die gebruiklike hulp en ondersteu-ning van ons mede-Piet Retiewers kan dit mos eenvoudig nie anders nie. Hou gerus maar die Excelsior Nuus dop! Vrede, vreugde en voorspoed vir julle almal.