Kersfees in die winkels

kersfees
Die baie oorspronklike boom by ‘n plaaslike haarkapper
‘n Besige jaar spoed vir meeste van ons ten einde en dit is asof al die liggies en versierings ‘n mens skoon onkant betrap. Kan dit régtig al byna-byna Kersfees wees?

Terwyl baie nog verwoed sukkel om die jaar se werk bietjie af te sluit, word winkelvensters en besighede pragtig versier. Kom jy ‘n slag in ’n winkel vir ‘n paar broodnodige aankope, hoor jy pragtige Kersfees liedere en die gewoel rondom almal se vakansie en ge- sinsfeesreëlings raak byna aansteeklik. Sommige besighede in Piet Retief het hierdie jaar buitengewoon moeite gedoen met hulle versierings en daar is regtig baie oorspronklikheid aan die dag gelê!

Só mooi! Dankie, julle! Terwyl daar so naarstiglik na geskenke gesoek word, weerklink die woorde van die Kerfeeslied vir kinders in jou kop: “Geskenke met Kersfees en almal is bly! Maar het jy die Grootste Geskenk al gekry?” Het jy?