Karateklub eindig jaar op hoë noot

Karateklub
Trotse “boemelaars” met hulle trofeë
Plaaslike karateklub en ouers het op Saterdag, 28 November, opgetrek na Newcastle vir die laaste kwartaal se gradering, prysuitdeling en jaar-eindfunksie van die Noord-Natal Karateka.

Die jaareindfunksie word gewoonlik aangebied volgens ‘n tema en vanjaar het almal soos boemelaars aangetrek. Tydens die gradering op dieselfde dag, is al die paaslike klublede wat daaraan deelgeneem het, na hulle volgende “belde” opgegradeer. Baie geluk!

Dankie Pick n Pay Family Store, Assegaai Bande, Splash Water en alle ouers wat ekstra bygedra het. Julle het die dag sommer baie spesiaal gemaak. Baie dankie! Baie geluk ook aan al die kinders wat trofeë ontvang het! Trofeewenners was: Arno Botha (beste senior Kumite- seun, beste senior en beste prestasie), Carla Grobler (mees gemotiveerde senior), Thea Botha (mees verbeterde senior), Karl Schütte (beste senior Kata-seun en beste prestasie – seuns), Monique Potgieter (beste senior Kumite én Kata-meisie en beste vordering – seniors).

De Wet Barnard (“Dinky” vordering), Cornelis Uys (bes gemotiveerde junior en beste vordering – juniors), Estiaan Coetzer (beste junior Kumite- seun), Suné Els ( beste junior Kata én Kumitemeisie asook mees toegewyde Karateka- meisie), Dylan McManus (beste junior Kata-seun en mees toegewyde Karateka-seun), Hanko Potgieter (beste gees – junior), Tom Ingram (beste vegtersgees) en vier beste junior spanwerkers, te wete Stephan Potgieter, Carla Griesel, Fanie Botha en Xagorr Naudé. Hierdie klomp Karatekas is voorwaar sterre in eie reg en sal verseker in 2016 voortveg. Kom doen gerus mee.