Huis Immergroen maak steeds vriende

Huis Immergroen Tannie Sannie Kilian
(Huis Immergroen)Tannie Sannie Kilian
Vanjaar is daar al melding gemaak van baie vriende van Huis Immergroen en so is die jeuggroep en blaasorkes van die Markusgemeente (Lutherse Kerk) ook van Huis Immergroen se vriende.

Die twee groepe het beplan om vroeg in Desember, die tehuis te besoek, die jeuggroep in die oggend (3 Desember) en die blaasorkes om 17:00 (2 Desember). Volgende week berig ons meer oor hierdie besoek waarna almal so uitgesien het. Sindy Mabaso is the November nurse of the month! Congratulations, Sindy, with your outstanding work and the recognition thereof. Sindy will, however, only be introduced to the readers next week as she will only be available for a photograph when she is back on duty again. Hierdie week word daar weer swaar afskeid geneem van een van ons meer onlangse intrekkers.

Tannie Sannie Killian was maar ‘n kort rukkie ‘n inwoner van Huis Immergroen, maar almal het sommer vinnig lief geword vir haar. Sy is op 26 November, na ‘n kort siekbed van sowat ses weke in die rype ouderdom van 80 jaar oorlede. “Ouma Sannie” is geken as iemand met ‘n sagte hart wat baie lekker kon lag. Sy laat drie kinders (Alida, Suzette en Linda), agt kleinkinders en sewe agterkleinkinders agter. Die personeel en inwoners van Huis Immergroen betuig graag hulle innige simpatie aan die familie. Mag julle berusting en troos vind in die pragtige herinneringe wat julle aan haar koester.

Terwyl almal begin gereed maak vir ‘n heerlike feesseisoen, is die tehuis in die nood. Die dienste van ‘n professionele verpleegkundige, wat by die S.A. Verpleegstersraad geregistreer is, word naamlik dringend benodig by Huis Immergroen. Kontak gerus vir Mev. Ellen Koch te 017 826 4198 vir meer besonderhede. Ai, vriende van Huis Immergroen, kom ons doen bietjie moeite om in hierdie tyd van feesvier en rus wat voorlê, aan ons vriende by Huis Immergroen te dink en ons oorvloed en liefde met hulle ook te deel. Immergroenliefde