Elfielanders hou kunsaand

Elfieland Kunsaand
Elfieland Kunsaand

Elfieland Preprimêre Skool het op Dinsdag, 1 Desember hul jaarlikse kunsaand en gradeplegtigheid aangebied.

Die tema by hierdie kunsaand was “Kunstenaars”. Skilderye van Picasso, Gustav Klint, Mondrian Kadinsky en Vincent van Gogh het aandag gekry. Die kleuters het geleentheid gekry om hulle eie kunswerke ten toon te stel sodat ouers, grootouers en maatjies dit kon besigtig. Trotse ouers kon na afloop van die aand hulle kleuters se skeppings saamneem huis toe.

Elke klas het ook ‘n skinkbord, versier met die kleutertjies se kunswerke, opgeveil en elkeen wat hierdie besondere poging ondersteun het, word van harte bedank. Baie dankie ook aan Vanessa du Plessis en Sven Meyer vir die maak van die skinkborde. Die fondse geïn op hierdie manier gaan aangewend word vir die uitbreiding van Elfieland se babaafdeling in Wesendstraat. Die personeel wens al die ouers en hulle families ‘n baie geseënde Kersfees en voorspoedige 2016 toe. Alle ouers word ook bedank vir al die positiewe gesindhede en bydraes deur die afgelope jaar.