50 jaar huwelik

50 jaar huwelik

‘n 50 jaar huwelik wat ‘n volle vyftig jaar lank duur, is feitlik ondenkbaar!

Wanneer vyftig jaar van ‘n mens se lewe verby is, besef jy dat dit eintlik in ‘n oogwink geskied het en dat tyd inderdaad vlieg. Tydens ‘n mens se kinderdae voel vyftig jaar sommer nog baie ver in die toekoms en iemand wat al 50-jaar oud is, is erg oud! ‘n 50 jaar huwelik wat ‘n volle vyftig jaar lank duur, is feitlik ondenkbaar! Vandag gebeur dit al hoe meer dat jongmense glad nie trou nie of dat huwelike maklik op die rotse loop.

Egskeidingstatistieke bewys hierdie stelling. Die Galt-egpaar, James en Mariet, se huwelik is ‘n voorbeeld van so ‘n 50-jaarlange huwelik, want hulle vier Vrydag hulle goue bruilof! James Galt and Mariet van Rensburg got married on 11 December 1965 in Germiston. Two children, Zelna and Edwin were born from the marriage. Zelna and Renier now stay in Perth, Australia, and Edwin and Natasha are well-known Piet Retief residents. The Galt couple now have five lovely grandchildren as well. The Galt family lived in Vryheid for 30 years (James had grown up on a farm in the Scheepersnek area, Vryheid).

They moved to Piet Retief later to start a business here. James and Mariet also spent four years in Shelley Beach, but returned to Piet Retief to stay. Mariet says: “Dis baie lekker in Piet Retief”. Beide die Galts is nog aktief in die arbeidsmark. James werk al vir baie jare by dieselfde besigheid en Mariet is al die afgelope 13 jaar werksaam by ‘n plaaslike prokureursfirma. Wat is die geheim vir so ‘n gelukkige, lang huwelik? Mariet sê dit is ‘n kwessie van gee en neem van beide kante. Hoekom lyk sy nog so goed? Harde werk, sê sy, hou mens aan die gang en jonk. Baie geluk met die viering van julle goue bruilof! Julle is ‘n pragtige voorbeeld vir almal.