Noodkreet!

Noodkreet - So goed versorg
Noodkreet - So goed versorg
Hierdie is dus ‘n noodkreet. – Ly Kaptein Louis se honde dalk honger? Stel u voor hoe baie byna 50 honde per dag eet? Hoeveel kos het hulle nodig? Heveel kos so ‘n klomp hondekos?

Die Fouries van Rustplaas Dog Shelter doen alles in hulle vermoë om die nou reeds 49 voorheen hawelose honde by hulle te versorg. Die gesin dra self die koste verbonde aan die versorging van hierdie diere, wat kos en veeartskoste ook insluit. Die honde is almal “weggooihonde” wat eenvoudig aan hulle eie lot oorgelaat is of deur mense by Louis-hulle afgelaai is om baie verskillende redes. Die hele Fouriegesin is betrokke by die versorging van die honde en dit word regtig met liefde gedoen.

Soms word honde met hulle families herenig en sulke menses sal weet en kan getuig van hóe goed die honde versorg is terwyl hulle by Louis-hulle was. Die problem is egter ‘n tekort aan hondekos. So ‘n klomp honde eet sowat 25 kilogram hondekos per dag indien daar nie ander kos by is nie. Hierdie is dus ‘n noodkreet. Donasies van hondekos word dringend benodig. Skakel gerus vir Marina Stander by die kantore van die Excelsior Nuus of te 082 371 4700 indien u wil weet hoe u kan bydra.

Enige hondekos sal welkom wees en ons maak ‘n plan om dit by u af te haal. Indien u nie self kan bydra nie het u dalk ‘n idee vir die insameling van hondekos vir die diere of ‘n plan om skenkings op ‘n meer permanente wyse te bekom. Die Fouries bedank graag die persone wat reeds bydra of al bydraes gemaak het, van harte. Kom ons ander help Kaptein Louis en sy gesin ook om hierdie gratis diens aan die mens se beste vriend te kan aanhou lewer. Ons het immers nie ’n tak van die DBV in hierdie omgewing nie …