Vier sterf in 2 ongelukke

Die bakkie na die ongeluk op die Paulpietersburgpad

Alhoewel sake op die ongeluksfront redelik stil is, het twee afsonderlike ongelukke op Saterdag, 31 Oktober, die lewens van vier mense geëis.

In beide gevalle, is die oorsaak van die tersaaklike ongeluk onbekend en het die bestuurders van die motors vermoedelik beheer oor die voertuie verloor, met tragiese gevolge. Vier sterf in 2 ongelukke Marina Stander

In die eerste ongeluk wat net na 05:00 op die Paulpietersburg plaasgevind het, het ‘n bakkie omgeslaan. Vyf persone is lig beseer tydens die ongeluk en vier ernstig, waarvan een later in die hospitaal ook gesterf het. Twee persone is op die toneel van die ongeluk oorlede.

In die tweede ongeluk van die dag, is een persoon noodlottig beseer toe hy omstreeks 20:00 om een of ander onbekende rede beheer oor sy voertuig verloor het en dit oor die kant van ‘n brug gestort het. Die ongeluk het in Driefontein gebeur.

Ongelukke
Die motor wat by die brug afgestort het in Driefontein