Uitmuntende diens

Excelsior News - Letter to Editor
Excelsior News - Letter to Editor

Ek wil vandag vir Mej. Yolande Vermaak van die plaaslike Vodacomagentskap bedank vir die uitmuntende diens wat sy aan my gelewer het.

Geagte Redaksie. Ons is gou gereed om te kritiseer as sake nie volgens ons wil verloop het nie. Maar kan nie gou genoeg hierdie kritiek met ons vriende deel nie. Hoeveel van ons het al, wanneer ons uitstekende diens ontvang het, dit dorpswyd ‘uitgesaai’? Ja, ‘n skinderstorie val mos altyd lekkerder oor die tong. Ek wil vandag vir Mej. Yolande Vermaak van die plaaslike Vodacomagentskap bedank vir die uitmuntende diens wat sy aan my gelewer het. Ek het Maandag, na ‘n lang gesukkel met Vodacom hoofkantoor, baie moedeloos by Mej. Vermaak gaan aanklop. Sy het met groot moeite my gehelp en ek is daarvan seker dat my probleem eersdaags iets van die verlede gaan wees. Kom ons bring die goeie diens wat aan ons gelewer is onder almal se aandag, sodat ons die plaaslike besighede beter kan ondersteun.

Vriendelike groete.

Rita van den Berg