Swemgala in Nelspruit

Bertus, Mattia, Anke, Karma, Anika, Hanno en Leo. Voor: Jhanu, Ivhan, Rechum, Zoe en Ilaria
Bertus, Mattia, Anke, Karma, Anika, Hanno en Leo. Voor: Jhanu, Ivhan, Rechum, Zoe en Ilaria

‘n Groep swemmers, van Laerskool Wittenberg en Laerskool Piet Retief, het op Saterdag, 31 Oktober aan die top skole swemgala in ‘n bloedige warm Nelspruit deelgeneem.

Die swemmers het deurgaans baie goed geswem en telkens plekke onder die eerste 10 swemmers, uit groepe van 25 en meer swemmers, behaal. Die afrigters kan met reg sê :”Knap gedaan!” Baie geluk aan Mattia Gallino wat ‘n brons medalje in die 200m “Individual Medley” verower het. Mattia en Bertus J. van Vuuren verower ook onderskeidelik ‘n vyfde en ‘n sesde plek in die 50m kruipslag. Baie geluk julle twee.

Dit was vir vier junior swemmertjies hul eerste groot gala en hulle het pragtig geswem. Mooi so, Ilaria, Zoe, Uwe en Kyra. Julle was sterre! Swemmers van Laerskool Wittenberg wat deelgeneem het was Uwe Meyer, Kyra Meier en Anzel Kuhn. Laerskool Piet Re-tief se swemmers was Anke Niebuhr, Mattia Gallino, Bertus J. van Vuuren, Jhanu Nell, Ivhan Erasmus, Hanno Viviers, Karma van Schalkwyk, Anika de Waal, Rechum de Bruyn, Leo Luyt, Zoe Botha en Ilaria Gallino. Swemgroete, Fransie de Bruin.

swemgala
Links na Regs – Kyra, Uwe, juffrou Tania, Zoe en Ilaria