Rinkel-Krinkel hou konsert

Rinkel-Krinkel hou konsert

Tydlose treffers vir oud en jonk, ‘n skouspelagtige vertoning. “Goeie naand dames en here. Baie welkom by Rinkel-Krinkel Kleuterskool konsert 2015…”

Rinkel-Krinkel hou konsertDit is die openingslyn van Rinkel-Krinkel se seremoniemeester – Nicholaas van Staden. Die verhoogdekor met gekleurde sterre, liggies en horlosies het beslis ‘n gevoel van opgewondenheid geskep. Ten spyte van die reën en kragonderbreking, het kleuters, ouers, oupas en oumas die weer trotseer om ‘n skouspelagtige vertoning by te woon in die HPR saal. Met liedjies uit die 60’s, 70’s, 80’s, 90’s en 00’s was daar iets vir elke ouderdom. Liedjies deur ABBA, Beach Boys, Michael Jackson en vele meer het selfs ouma en oupa weer lus gehad vir bietjie litte los maak.

Rinkel-Krinkel hou konsertEn wie kan Europe se “Final Countdown” vergeet? Die eenstuk nagklere, regop hare, tutu’s, polka dot rompies, bell-bottoms, om maar net ‘n paar op te noem het al te spoggerig gelyk. Saam met die ikoniese musiek het elke kleuter lekker gedans en saamgesing op die maat van die musiek. Daar is beslis ‘n paar wat ‘n beroep daarvan kan maak en ander wat weer hard moes konsentreer, maar die glimlaggies en geluk op hulle gesiggies was so duidelik dat hulle die saal opgehelder het met hulle voorkoms.

Rinkel-Krinkel hou konsertDankie aan juffroue Riana, Helma, Bianca, Janika, Leandra, Mercia, helpers, ouers, kleuters en almal wat hand by gesit het om dit ‘n fenomenale produksie te maak en te lewer. Dankie vir die kragopwekker wat tot ons redding gekom het totdat die krag weer aan gekom het. Die graad R klas het baie deftig en trots gelyk in hulle togas tydens die gradeplegtigheid. Dankie aan Mnr. en Mev. Nieuwenhuizen en Mnr. en Mev. Nortje vir die borg van die bybels aan elke graad R kleuter. Nou is hulle slaggereed en gewapen om die groot skool aan te durf. Wel gedaan Rinkel-Krinkel kleuterskool. Anne van Staden

Rinkel-Krinkel hou konsert

Rinkel-Krinkel hou konsert