Kerssangdiens 2015

Die NG Gemeente bied weer vanjaar hulle tradisionele Kerssangdiens aan sodat ons opnuut weer onder die indruk van die geboorte van Jesus kan kom.

Dit is eintlik met ‘n skok dat ons besef Kersfees 2015 is net om die draai en hierdie jaar is byna verby. Ons besig-wees mag egter nie ons gedagtes steel en weghou van die goeie nuus waaraan Kersfees vir die wêreld wil herinner nie. Die hemele se gejuig het na die aarde deurgebreek en die engele het dit oor die weivelde laat weergalm dat almal saam moet juig omdat God se reddingsplan nou in werking getree het. Die Verlosser het gekom wat ons sonde en straf op Hom gaan neem. Kom ons maak hierdie Kersfeestyd ‘n tyd wanneer ons vir die wêreld gaan vertel van die goeie nuus dat daar vergifnis en nuwe lewe vir hulle gekom het. Kom ons maak seker dat al ons kinders en vriende die groot en ewige geskenk van God ontvang het.

Dan sal dit ‘n geseënde Kersfees vir ons almal wees! Die NG Gemeente bied weer vanjaar hulle tradisionele Kerssangdiens aan sodat ons opnuut weer onder die indruk van die geboorte van Jesus kan kom. Dit geskied op Sondag 22 November 2015 om 19:00 in die kerkgebou. You are cordially invited to attend this wonderful event. Everybody is welcome. U word ook herinner aan die Oujaarsdiens op 31 Desember 2015 om 23:15.

JESUS ALLES IN ELKEEN