Hektare verwoes in brande

Pas nadat die wind die vuur met ongeveer 90 grade laat omswaai het
Verlede Vrydagmiddag, 6 November, het menige Piet Retiewer die swart rookwolke aan die Oostekant van die dorp opgemerk en die vuurvegtervliegtuie gehoor dreun in die lug weens brande.

Vermoedelik is vure Vrydag, op minstens vyf verskillende plekke kwaadwillig aange-steek en Saterdag- oggend op nog ‘n paar plekke. Van Vrydag se vure het Saterdag nog weer opgevlam en saam met die nuwe brande is die vuurvegters baie besig gehou. Honderde hektare plantasies van Mondi en omliggende boere in die Vrede omgewing is blykbaar verwoes.

Die dapper manne van die Mkhondo FPA (Fire Protection Association) het onverstoord alles gegee om die brande onder beheer te bring en het selfs vliegtuigversterkings en vlieëniers uit die Vrystaat en vanaf Warburton gekry. Dankie julle! Alhoewel twee van die Mondi brandbestrydings- voertuie in die brande vernietig is, was daar geen beserings nie. Dit was egter feitlik ‘n wonderwerk indien die onverantwoordelike optrede van die publiek in ag geneem word. Sommige motoriste het blykbaar, om self vinnig deur die digte rook oor die teerpad te kom, deur die rook gejaag, ongeag die moontlikheid dat werkers, wat die vure beveg in die rook, getref kon word.

Dan het nuuskieriges weer eens die taak van vuurvegters bemoeilik en hulle eie, hulle familie en die werkers se lewens in gevaar gestel. Veral met wind soos wat Vrydag gewaai het, wat vuur met 90 grade laat swaai het, kan ‘n mens binne oom-blikke totaal vasgekeer word. As ervare vuurvegters soos die twee manne wie se voertuie vernietig is, byna gevang is deur die vuur, hoe sou u, Mevrou/ Meneer u kinders in so ‘n situasie kon beskerm? Boere wat met bakkiesakkies en vuursla-ners kom hand bysit tydens so ‘n groot brand word regtig waardeer, maar die-gene wat net kom kyk is dikwels erg in die pad en stel baie se lewens in gevaar.

Dink asseblief mooi voordat u, u na so ‘n toneel haas. Met die brand van die Mkhondo-plantasies gedurende Augustus is dieselfde probleem blykbaar ondervind. Nuuskieriges het tot gevaarlik naby aan die verwoede vure beweeg sonder om die gevaar in ag te neem. Daar is ook diegene wat agtelosig omgaan met dinge, soos brandende sigaretstompies wat vure kan laat ontstaan, veral met die heersende droogtetoestande. By ‘n vorige geleentheid, toe ‘n vliëenier tragies sy lewe verloor het tydens brandbestryding, het lede van die publiek die ondersoek wat gevolg het erg bemoeilik, omdat bewyse eenvoudig platgetrap is op die toneel wat afgesper was. Wanneer sal ons gemeenskap leer?

 

Vanaf 'n naburige plaas
Vanaf ‘n naburige plaas
Vanaf 'n naburige plaas
Vanaf ‘n naburige plaas
Dense smoke make things a llot more difficult
Dense smoke make things a llot more difficult
Kobus van Zyl van die FPA in Mkhondo
Kobus van Zyl van die FPA in Mkhondo
Mkhondo fires in early August
Mkhondo fires in early August