Dansskoollede presteer

Monique Coetzer kry ‘n toekenning vir die beste verhoogpersoonlikheid
Monique Coetzer kry ‘n toekenning vir die beste verhoogpersoonlikheid

Danseressies van die Ju-Nett’s Dans Akademie het op 28 Oktober aan die Internasionale Dans Federasie se kampioenskappe by die Atterbury Teater in Pretoria deelgeneem, vanaf 19 Oktober tot 1 November.

Hierdie is ‘n baie georganiseerde danskompetisie en word aangebied deur SA Dance Schools. Die kompetisie is vir alle soorte danse en Ju- Nett’s (onder leiding van Emmie Janse van Vuuren) het in die Moderne Danse en “Lyrical Section” deelgeneem. Die meisies het pragtig gedans, dit baie geniet en uitsonderlik presteer.

Elkeen het in haar eie ouderdomskategorie gedans en ‘n medalje en sertifikaat ontvang: Goud (90-94%), “High Silver” (85-89%), Silwer (80-84%.) of Brons (75 -79%). Cayla Creydt, Gerbie Wilsnach, Leani van Deventer, Amy Creydt en Renita Paul ontvang almal “High Silver” in die “lyrical” afdeling. In die afdeling vir moderne danse, dans die kleine Ilaria Gallino goud los! In dieselfde afdeling ontvang Cornel Hitge, Carolyn Kuhn, Monique Coetzer, Nina Creydt, Zene Jonker en I-Rene Momberg “High Silver”.

Steeds in die afdeling vir moderne dans, ontvang die volgende meisies silwer: Audrey Venter, Gerbie Wilsnach, Megan Jones, Ruby van Dyk, Klarissa Pretorius, Antoinette Janse van Vuuren, Danielle Peters, Karinda Smuts, Lara Jonker en Leane Bouwer. Anke Neibuhr dans baie mooi en ontvang brons. ‘n Pragtige prestasie vir al hierdie meisies – almal het bo 75 % gekry. Twee meisies het spesiale toekennings, en dus ‘n ekstra sertifikaat, ontvang. Gerbie Wilsnach kry haar toekennig vir die “meeste potensiaal” in haar groep en Monique vir die “beste persoonlikheid op die verhoog” met haar pragtige glimlag. Ons het die afrigter agter al hierdie dansery om kommentaar genader. Juffrou Emmie sê egter sy wil niemand uitsonder nie, almal het goed gedoen en is baie spesiaal! Baie geluk, Juffrou Emmie en al jou danseresse!dansskoollede presteer.

Monique Coetzer kry ‘n toekenning vir die beste verhoogpersoonlikheid
Monique Coetzer kry ‘n toekenning vir die
beste verhoogpersoonlikheid
Ilaria Gallino dans goud los
Ilaria Gallino dans goud los
Gerbie Wilsnach het die meeste potensiaal in haar groep gehad
Gerbie Wilsnach het die meeste potensiaal
in haar groep gehad