CMR se suksesresep

http://cmr-mpumalanga.co.za/piet-retief.html
CMR se suksesresep

So skryf Mev. Engela Pretorius, bestuurslid wat die onlangse besoeke van die CMR (Christelike Maatskaplike Raad) aan van hulle projekte meegemaak het, oor haar belewing van die uitstappies.

‘n Resep is of ‘n sukses of ‘n mislukking Met die instap by die hekke van die kleuterskole waarby die CMR betrokke is, het ek dadelik beleef dat hierdie resep ‘n sukses is. Die gelukkige kindergesiggies wat ons kom groet het, die vriendelike personeel wat met trots wys wat hulle doen in die baie netjiese geboue en die geure van die kos wat op die stowe gekook en ‘n ou honger gemaak het, het alles daarop gedui. Wat ‘n suksesvolle resep!

By die byeenkoms vir bejaardes het ‘n mens daardie samesyn wat so belangrik is en omgee vir mekaar beleef. Dit alles terwyl hulle al die eer aan ons Hemelse Vader gee. Ons loof en prys ons Hemelse Vader vir alles wat die CMR bereik met hulle projekte.

CMR se suksesresep
Oppad