1961 Matriekklas hou reünie

1961 Matriekklas hou reünie
Agter links na regs: A. Robberts, P. Küsel, G. Hinze, J. Greyling, A. Richter, H. Ihlenfeld, T. Cronje en M. Zeelie Derde ry L na R: P. Nel, E. Beukes, W. Weber, C. van Lelyveld, H. Lessman, H. Benade en W. Prigge Vierde ry L na R: M. Stavmann, A. Stoop, A. van Aswegen, M. Rudolph en M. Pieterse Voor L na R: R. Robberts, V. Simington, R. Hinze, M. Robberts en D. Sutherland

Vyf-en-twintig lede van die Hoërskool Piet Retief se 1961 matriekklas, het die vier en vyf-tigste reünie op 23-25 Oktober 2015 by die Natal-Spa oord bygewoon.

Uit ‘n klas van vyf-en-vyftig, een en dertig seuns en vier-en-twintig dogters, leef tien nie meer nie. Die vyftigste reünie sou vier jaar gelede plaasgevind het, maar weens die afsterwe destyds, van die hoofseun Wally Plant, is dit uitgestel. Tydens die vyf-en-twintigste reünie, op 11 Oktober 1986, het vyf en dertig lede van die klas dit bygewoon. Een persoon het destyds in Australië gewoon en een was onopspoorbaar. Drie het nie meer geleef nie. Groot was die vreugde om mekaar weer te sien, tydens die Natal-Spa naweek. Baie se voorkoms het in dié tyd so verweer en verander, dat beste vriende mekaar nie kon eien nie. Derick Sutherland en sy vrou Mary het as sameroepers en as organiseerders opgetree.

Die geleentheid is moontlik gemaak deur groothartige borge uit die destydse matriekklas. Daar het ‘n feestelike stemming geheers, grappe is gemaak en poetse is gebak. So het Peter Küsel, byvoorbeeld, die mense wat saam met hom gereis het probeer wysmaak dat hulle in die Dumbe Hotel te Paulpietersburg sou moes oorslaap omdat Natal-Spa nie genoeg plek gehad het nie. Dit was egter ‘n sameswering tussen Derick en Peter wat uiteindelik vir groot vermaak gesorg het. Tydens die samekoms moes almal hulle lewensgeskiedenis en wedervaringe vertel. Daar was pragtige hoogtepunte en prestasies in die lewens van die destydse matriekklas, Road Running News Golden Gate challenge, challenging indeed.

The fifth Golden Gate Challenge (Part of the seriously challenging “Wild Series”) was recently met by 280 tough, adventurous men and women. Three legtorturing legs of trail running over mountainous terrain, in the Gol-den Gate National Park, was tackled, negotiated and conquered: 27 km on 23 October, 29 km on 24 October and a final 17 km on 25 October. Jan van Vreden is one of only five athletes who have thus far completed all five Golden Gate Challenges. Roeale Strijdom has completed the last three, while it was the turn of Vis Pretorius and Laiken Smith (bound Jan van Vreden, Roeale Strijdom, Vis Pretorius, Laiken Smith and Leana Aslett maar daar was ook mededelings van hartseer en verdriet weens die verlies van lewensmaats en siektes. Die 1961 matriekklas was egter ‘n klas met vele prestasies.

Die klas het een burgemeester van ‘n dorp opgelewer, een suksesvolle argitek, een prokureur, een predikant, een bekende ingenieur, een veearts, een weerprofeet, een wiskunde dosent aan die Universiteit van Pretoria, een boukontrakteur, een ouditeur, twee Parlementslede, een landswydbekende sangeres (Lucille Ackerman) en een besturende direkteur in die HL&H Mining Timber Group. Talle ander het op ander gebiede presteer. In hulle matriekjaar in 1961, het die Piet Retief dogtersatletiekspan die interhoër atletiek byeenkoms gewen. Drie persone kon nie opgespoor word nie nl. Elizabeth Engelbrecht, Linda Engelbrecht, en Sannie van Buuren en twee woon in Australië.

As iemand dalk kan help om die drie persone op te spoor, sal dit waardeer word. Al vyf-en-twintig oud-skoliere het elkeen ‘n geborduurde handdoek, ‘n gegraveerde pen en ‘n dagboek as aandenking ontvang. Tydens die naweek was daar ook ‘n pragtige uitstalling van foto’s, Kerskaarte, kuns uit vervloë dae en klas- en sport spanfoto’s. Musiek, opgeneem in 1961 met Lucille Ackerman, die destydse boereorkes en verskillende kore is gespeel. Die reüniegangers, bewoë, maar dankbaar om mekaar weer te sien, is uiteen, met die ooreengekome voorneme om mekaar weer oor ses jaar met die sestigste reünie, in 2021, te sien.