Woodpackers fietsresies 2015

WOODPACKERS FOTOS
WOODPACKERS FOTOS

Piet Retief Wheelers het op Saterdag, 12 September weer ‘n baie suksesvolle Woodpackers aangebied.

Dit was ‘n interprovinsiale resies en het fietsryers gelok van Swaziland, Paulpietersburg, Ermelo, Volksrust, Bethal, Standerton, Newcastle en selfs Bloemfontein. Ongelukkig het die weer nie so lekker saamgespeel nie, maar nie eens die ou misreëntjie kon die ryers se entoesiasme stuit nie. Selfs by die waterpunt van die Assegaai Marathonklub kon die gees nie gedemp word nie. Die oudste deelnemer was 73 en die jongste was 7 jaar oud. Die vinnigste tyd aangeteken vir die 80km afstand was 02:14:27 en wel deur ‘n 15-jarige seun van Ermelo, Ricardo Broxham.

In die Elite en Mans 30+ afdeling het Hannes Kruger en Louis Snygans van Team Parklift (Elite) en Shaun Scott (Mans 30+) feitlik gelyk oor die eindlyn gejaag. Wheelers Rudi du Randt was 2de in die 40+ Mans, Thobani Tshabalala het die juniorafdeling gewen en Alvin Bronkhorst het die 0/14 afdeling gewen. Ons het soveel borge gehad en dis moeilik om almal te bedank, maar ons wil graag ‘n paar uitsonder soos TR Mabuza, Iswepe Silviculture, Mpact, Imvula Maxim Security, Hlanganani Forestry, Schubert Smith Bemarking, Thuthuka Forestry, Caren Potgieter, Tony’s Tool Hire en Excelsior Drukkers. Laaste, maar nie die minste nie, dankie aan elke persoon wat ‘n handjie bygesit het, maak nie saak hoe gering nie. Ons sien daarna uit om dit weer volgende jaar aan te bied en meer Piet Retiewers daar te sien.

WOODPACKERS FOTOS 117