Dit klink seker na enige kind, of selfs grootmens, se droom om ’n winkel vol kolwyntjies te besoek en heerlik te smul.

Dit is sowaar soos ‘n droom wat waar geword het, wanneer ‘n mens die “M & M Cake Shop” in die poskantoorkompleks binnestap. Nie net is daar pragtige, heerlike kolwyntjies, (“cupcakes”) in oormaat beskikbaar nie, maar ‘n baie groot verskeidenheid lekkernye en koeke en terte te kies en te keur.

Ander gebak en middagete weg-neemkosse, alles heerlik vars, is ook beskikbaar. Bestellings word ook geneem. Die Excelsior Nuus was bevoorreg om op openingsdag, Vrydag 18 September, ’n besoek aan die winkel te bring en die kolwyntjies te beproef. Dit het vorentoe gesmaak! Baie sterkte met hierdie nuwe onderneming van julle, Marietjie en Mariska.