VLU nuus

VLU nuus
VLU nuus

VLU nuus Piet Retief VLU tak hou vergade-ring op 21 September 2015.

Met net 100 dae voordat 2015 op sy rug lê en 2016 ons vol belofte begroet kom ons vir die 167de keer bymekaar om vergadering te hou. Elbie van der Schyff open met voorlesing uit Jacobus 5:16. Gebed maak ‘n verskil as ‘n gelowige dit bid. Ons moet mekaar voortdurend in gebed aan ons Hemelse vader opdra en mekaar se leed so verlig. Ons provinsiale projek vir 2016 is toontoffels vir Solidariteit en lede word gevra om deel te neem. Die ATKV-oorde het hierdie jaar ‘n lekker kompetisie: Vakansievreugde met die onderafdeling “Oorlog in Viëtnam”.

Wees kreatief en laat die kameras kliek gedurende die vakansietyd wat op hande is. Helena Joubert versoek lede om al die kompetisieartikels met die volgende vergadering op 19 Oktober in te dien. Sterkte aan almal met die laaste afrondingswerk. ‘n Heerlike kreatiewe projek volg. Dink daaraan om jou kersversierings uit niks te skep. Gebruik ou uitgediende balle, blikkies en blomme en kikker dit op. Al die lede neem ywerig deel en geniet lekker melktert en pannekoek na al die inspanning. Dankie aan al die gasvroue vir ‘n heerlike VLU kuier. Tot volgende maand 19 Oktober om 14:00 by die Greendoor Gastehuis, wees kreatief.

VLU-groete

VLU nuus

Die allermooiste ornamente is ook hjier te kry
Die allermooiste ornamente is ook hjier te kry