Tweede span krieketmeisies

meisieskrieketspanne

Hierdie jaar het die tweede krieketmeisies -span met net ‘n paar oefeninge Ferrum en Vryheid se eerste meisieskrieketspanne aangevat.

Die meisies was baie ywerig om te leer en het nie teruggestaan vir enige uitdaging nie. Die idee van krieketspeel was nog net ‘n gedagte in die meisies se koppe, maar dit het vinnig werklikheid geword toe hulle op 16 September 2015 teen Vryheid se eerste krieketspan te staan gekom het. Die meisies teken ‘n ongelooflike 135 lopies aan in hulle eerste wedstryd. Hulle verloor ongelukkig dié wedstryd. Die meisies het uitstekend gespeel en vir die eerste keer gevoel hoe dit voel om op ‘n krieketveld te staan.

Op 17 September 2015 het hulle teen Ferrum se 1ste span gespeel en weereens het hulle karakter gewys en ‘n ongelooflike wedstryd gehad. Vir die meisies was die seisoen vinnig verby maar sien ons uit daarna om hulle volgendejaar weer in volle aksie te sien. Hierdie meisies beloof om Hoërskool Piet Retief se krieket tot nuwe hoogtes te voer. Hiermee wil die meisies ook baie dankie sê vir Nico Jansen van Vuuren wat hulle al die nodige vaardighede geleer het, sonder hom sou die krieket nie vir hulle moontlik gewees het nie. ‘n Spesiale dankie aan Gerty en Peter Venter vir ons mooi kriekethempies, dit word baie waardeer.