Springbokdag by TWK

Zonika ontvang haar Springboktrui
Zonika ontvang haar Springboktrui

Die personeel by TWK se hoofkantoor het hulle ondersteuning vir die Springbokke behoorlik gevier by die Springbokdag deur TWK

Die meerderheid van die TWK werknemers het met trots hulle groen en goud gedra. Byna 100 boereworsrolletjies is gemaak en verkoop aan TWK personeel as deel van die geesvang in die vierkant. Daar het deurentyd vrolike musiek in die agtergrond gespeel. Daar het die hele dag ‘n groot gees van opwinding geheers. Die Korporatiewe bemarkingsafdeling het ‘n kompetisie onder werknemers geloods waarin ‘n nuwe Wêreldbekerspringbokrugbytrui gewen kon word: ‘n e-pos is aan almal gestuur waarin hulle 11 boklegendes moes herken en be-noem.

Dit het spelers ván die destydse Paul Roos tot die alombekende Joost van der Westhuizen ingesluit. Die eerste persoon wat kon antwoord op die e-pos en daarin kon slaag om ál 11 te benoem, sou wen. ‘n Gelykop situasie het ontstaan toe Zonika Harmse en Henk Snyder gelyk reageer met die korrekte antwoorde en nóg ‘n vraag is gestuur vir ‘n “sudden death” beslissing. Die vraag? “Play hard and you will have it!! This Legend started it all…” Zonica Harmse (van TWK Versekering) het gewen deur eerste “William Webb Ellis” te antwoord. TWK ondersteun met trots die Springbokke.

Springbok Legends
Springbok Legends