Robbie Wessels te Laerskool Amsterdam

Robbie Wessels
Robbie Wessels

Laerskool Amsterdam bied elke jaar ‘n groot gholfdag aan, maar soos vroeër berig in die Excelsior Nuus, is daar besluit om vanjaar liewer ‘n Robbie Wessels na die skool te nooi.

Die geleentheid is deur die OOV (oueronderwysersvereniging) en die beheerraad gereël. ‘n Baie suksesvolle Osbraai, met Robbie Wessels as gaskunstenaar is op Saterdag, 19 September, aangebied om fondse vir die skool in te samel. Fondse is maar altyd nodig om die skool en onderwysers te ondersteun en daar word gepoog om jaarliks geleenthede hiervoor te reël wat nie net die skoolgemeenskap nie, maar die héle gemeenskap, betrek. Vooraf is 340 kaartjies verkoop en nog ‘n klompie Saterdag by die hekke.

Nadat die hekke om 15:00 oopgemaak is, was daar geleentheid om die oulike en lekkernygevulde stalletjies te besoek. Daar was pasteie, roomys (“soft serve”) allerlei kossoorte, koffie en heerlike biltong van Glen Vleis. Daar was ook ‘n stalletjie vir die bewusmaking van kanker – “Rainbow & Smiles”. Twee groot vuur-“bomas” het gesorg vir gesellige hitte om gaste lekker warm te hou en daar was heeldag verskeie gazebos en tente beskikbaar vir skuiling teen die triestige weer. Country Ox van Parys in die Vrystaat het gesorg vir die osbraaiery en die allerheerlikste maaltyd is in die kostent voorgesit.

Die Springbokrugbytoets is saam op grootskerm in ‘n tent vertoon waarna Robbie Wessels se vertoning om 19:45 begin het. Baie dankie aan al die borge wat hierdie geleentheid moontlik gemaak het: UFS- Lothair (grootste borg), Ian & Nina Robertson, Joan Ernst, Erik Naude, Jaap Naude, Stefan Naude, Kobus Naude, Sarel en Luna Nienaber, Coastal Hire, Schalk Stapelberg, Chris en Juanita Botha, Delfran, Azis, Payless, Dendar’s Hardware, Mig Wolfaardt, Chainsaw & Power Products, Christo van Aardt, Robert Burns Inn, Saverite (Amsterdam), TWK en Andre Grobbelaar.

Robbie Wessels op die verhoog
Robbie Wessels op die verhoog
Robbie Wessels
Lede van die OOV, wat die meeste beplanning en harde werk gedoen het, saam met die gaskunstenaar Agter v.l.n.r: Marianne Ferreira, Lucille Serfontein, Sanna Oelofse, Robbie Wessels en Jackie Krafft Voor: Letitia Ellis, Sarah Moodie en Alma Blignaut Afwesig: Elbie Du Toit