N2 Pongola eis sy tol

N2 Piet Retief accident

Daar word gereeld gekla oor die baie ongelukke op die sogenaamde Ermelopad, maar hierdie keer het die Pongolapad drie van vyf ongelukke opgelewer.

Dit wil voorkom asof die nat, triestige weer van Vrydag, 18 September, ‘n rol gespeel het, aangesien nie minder nie as vier ongelukke op daardie dag aangemeld is. Tydens die eerste ongeluk, wat ongeveer om 11:00 die oggend op die N2 tussen Pongola en Piet Retief plaasgevind het, is een persoon lig beseer. ‘n Man en vrou het in die rigting van Piet Retief gereis en blykbaar kon die man om een of ander onbekende rede nie beheer oor sy voertuig behou nie en die motor het die pad heeltemal byster geraak.

N2 Piet Retief Accident

Die tweede ongeluk op Vrydag, 18 September, het omstreeks 18:00 op dieselfde pad plaasgevind. Dit wil voorkom asof die bestuurder van een motor uitgeswaai het, toe ‘n ander een skielik reg voor hom in die pad gestop het. Die bestuurder het toe beheer verloor en die motor het eindelik op sy dak te lande gekom. Dit is sowaar ‘n wonderwerk dat niemand in hierdie ongeluk beseer is nie.

N2 Piet retief accidentOp 19 September het nog ‘n ongeluk plaasgevind waarvan die rede daarvoor nog nie bekend is nie. Die ongeluk het net buite die dorp op die Mahambapad plaasgevind en een persoon is lig beseer, nadat die bestuurder klaarblyklik beheer verloor het.

N2 Piet Retief Accident

Ook op die N2 Ermelopad, was daar ‘n trompopbotsing tussen ‘n bakkie en ‘n motor net na 21:00. Die botsing het feitlik op die grens tussen Mkhondo en Msukaligwa plaasgevind en die oorsaak van die botsing is tans nog nie bekend nie. Nooddienspersoneel moes lewenskake gebruik om twee passasiers uit die motor te bevry. Beide hierdie persone was ernstig beseer.

N2 Piet Retief accident N2 Piet Retief accidentOp dieselfde dag en dieselfde pad, was ‘n vragmotor in ‘n ongeluk betrokke teen omstreeks 21:30. Die bestuurder was reeds hospitaal toe geneem teen die tyd dat nooddienste op die toneel kon opdaag en verdere besonderhede is tans nog onbekend.

N2 Piet Retief accident

Steeds op Vrydag, 18 September, iewers kort voor middernag, was twee motors in ‘n botsing betrokke, hierdie keer op die Amsterdampad. Wat presies gebeur het is tans nog onduidelik, maar niemand is beseer tydens die botsing tussen die wit Golf en die Nissan Levina nie.

N2 Piet Retief accident N2 Piet Retief accident

Terug op die N2 Ermelopad, was ‘n loslopende bees weereens die oorsaak van ‘n ongeluk net na 20:00 op Woensdag, 23 September. Die bestuurder van ‘n wit Toyota Fortuner het met ‘n bees gebots omtrent by die treinbrug, net na die afdraai na Amsterdam. Die bestuurder het vermoedelik wel probeer uitswaai, maar kon nie daarin slaag om die botsing te voorkom nie en die motor het blykbaar oor die pad geskuif en aan die anderkant van die pad tot stilstand gekom. Die dier is gedood, maar niemand in die motor is ernstig beseer nie.

N2 Piet Retief accident

Die laaste redelik ernstige ongeluk wat die agelope twee weke aangemeld is, het ook op die N2 (Pongolapad) plaasgevind, op Sondag, 27 September, net na 12:00. ‘n Motoris wat in die rigting van Piet Retief gery het, het so byna in Swaziland gaan “kuier” toe hy na regs oorbeweeg het waar die pad effens draai, net voor die brug waar die grensdraad direk langs die pad is. ‘n Gedeelte van die motor het wel in Swaziland geëindig. ‘n Passasier wat vermoedelik in die motor was toe die ongeluk gebeur het, het blykbaar verdwyn. Die bestuurder is ongelukkig noodlottig beseer.

N2 Piet Retief accident

Motoriste word nogeens gemaan om bui-tengewoon versigtig te bestuur in nat weersomstandighede. Hou veral die spoed maar laag omdat ‘n motor maklik gly op ‘n nat pad wanneer daar gerem word.