Laagwaterbrug baie gevaarlik

‘n Leser het die Excelsior Nuus Vrydag (18 September) ingelig oor ernstige, dreigende gevaar naby die Tweelingbruggies oppad na die Salemskool waar ‘n Laagwaterbrug baie gevaarlik is. 

Sowat 30 meter oos van hierdie bruggies draai die kortpad uit na Ethandakukhanya – die roete wat deur skoolbusse gebruik word om kinders tussen Ethandakukhanya en Salemskool te vervoer. Voertuie van Spoornet gebruik ook hierdie pad. Dié grondpad loop oor ‘n laagwaterbruggie oor die dorpspruit waar dit dan in die Assegaairivier loop by die einste Tweelingbruggies. Die toestand van hierdie twee brûe laat eintlik veel te wense oor en moet mens redelik dapper wees om daaroor te ry.

Hoe lank nog voor n tragedie hier gebeur
Hoe lank nog voor n tragedie hier gebeur

Dit is egter die gat in die laagwaterbruggie oor die spruit wat regtig uiters kommerwekkend is. Dit hou ‘n baie ernstige gevaar in; ‘n tragedie wat wag om te gebeur … Wie se verantwoordelikheid is dit om hierdie bruggie te herstel? Die saak geniet tans die aandag van die Mkhondo Munisipaliteit. Great concern was raised by a reader regarding the safety of children transported over the low water bridge near the twin bridges between Ethandakukhanya and Salem School. A tragedy is waiting to happen there because of a very dangerous hole on the bridge. The Mkhondo Municipality was contacted and they are looking into the matter.

Skoolkinders word daagliks oor hierdie brug vervoer
Skoolkinders word daagliks oor hierdie brug vervoer