Jesus Hill R33 projek suksesvol

Jesus Road Piet Retief R33
Jesus Road Piet Retief R33
Jesus Hill R33” projek suksesvol – “Vele hande maak ligte werk” lui die ou spreekwoord en op Saterdag, 10 Oktober, is dit weer bewys.

‘n Groep van sowat 60 jongmense en ook die wat minder jonk is, het vroegoggend na die Jesus Hill vertrek om die boodskap teen die heuwel in verf te laat “herleef”. Daar is geopen, die ramshoring is geblaas en almal teenwoordig is in drie groepe verdeel en daar is entoesiasties begin verf.

Jesus Hill
John Liversage, die man wat aanvanklik met die boodskap begin het en dit voltooi het in gehoorsaamheid aan die Here

Een groep het links, een in die middel en een regs geverf en teen omtrent 14:00 was die taak afgehandel. Elkeen het seker maklik 15/16 kilometer berg-op en berg-af beweeg terwyl daar so gewerk is. Dit was beslis die moeite werd, want die belangrike boodskap pryk weer teen die “berg” vir almal om te sien en te lees. Een of ander tyd sal die gras gebrand moet word omdat dit die boodskap plek-plek versteek, maar daarmee sal gewag word tot na goeie reëns.

Daarna sal ‘n paar opknappings aan die klippe gedoen moet word. Baie dankie aan elkeen van julle wat julle Saterdagoggend opgeoffer het vir hierdie grootse taak! Mag hierdie boodsakp, soos in die verlede, menige reisiger en ook inwoners van hierdie kontrei herinner aan die boodskap van alle tye!

Van die flukses wat kom help het
Van die flukses wat kom help het
Jesus Hill
Die ramshoring word geblaas
Baie het kom help
Baie het kom help