Inkopiesentrum en oase

Inkopiesentrum en oase – Wanneer die geraas en gewoel van baie voertuie en mense te erg raak tydens ‘n stadsbesoek, kan ‘n mens altyd gaan ontspan by een van die oulike kwekerye met ‘n eie koffiewinkeltjie, of selfs restaurant – weg van al die stadsgeluide.

Hierdie lekkerte is nou nie meer net vir die stadsbewo-ners en besoekers beskore nie. Piet Retiewers het self ook nou hierdie voorreg, en sommer baie meer, op die koop toe. Net buite die dorp, langs die N2 oppad na Ermelo, is ‘n regte juweel aan die regterkant van die pad, nog lekker naby aan die dorp. Sommer met die intrapslag (of dalk liewer indraaislag) begroet ‘n pragtige gesig ‘n mens. Kleurvolle blomme, gesonde plante en allerlei mooimaakgoed vir die tuin verwelkom ‘n mens. Ja, hierdie plante en saailinge van Northern Natal Seedlings is wel te koop, maar hierdie verwelkomende gesig is maar net die begin … By hierdie “kwekery” kan ‘n mens nie net aankope vir die tuin doen nie, maar ook lekker binnenshuis of op die stoep sit en eet of koffie drink en koek eet en kuier. Dit bied egter sommer nog baie, baie meer – ‘n ware plattelandse “kompleks” wat beslis ‘n gereelde besoek werd is.

Die Weeping Willow is nie net ‘n tradisionele kwekery en koffiewinkel nie. Hier is ook ‘n troetel-dierwinkel en allerlei geskenke, ornamente, eksklusiewe meubelstukke, kinderspeelgoed en –klere te koop. Die allerheerlikste, tuisgebak, bevrore klaarbereide etes en nog baie meer kan ook gekoop word, terwyl die kinders kan baljaar in ‘n veilige speelarea. DELIcious Meats is ‘n waardevolle toevoeging tot dié “kompleks”. “Fleischmeister” Aubrey Beneke en sy helpers ken hulle storie. Aubrey het immers sy opleiding vanaf Oostenryk ontvang en is een van slegs enkele Suid-Afrikaners met sy uitsonderlike kwalifikasies. Heerlike deli-vleise en allerlei souse, asook tradisionele vleis-snitte vind jy hier. Cabanossi, salami, leberwurst, biltong, droëwors en nog baie meer is maar enkele vleiskossies wat ‘n mens hier kan koop.

Die vleisfa- briek waar al die deli-produkte vervaardig word is ook op die perseel en Aubrey en sy span staan altyd gereed met die beste produkte en goeie raad en gaarmaakwenke. Gereelde spesiale aanbiedinge is ook aan die orde van die dag. Verder is Heidi se Fantasy Frames op dieselfde perseel, beslis ‘n besoek werd. Sy raam letterlik enigiets wat ‘n mens in ‘n raam wil hê professioneel en waarborg haar werk. Sy is kundig, vriendelik en baie behulpsaam. Sy gee baie goeie wenke oor die keuse van rame. Indien u nog nie ‘n draai by die Weeping Willow en DELIcious Meats gemaak het nie, is dit nou die tyd! Daar is ook groot planne vir die toekoms.

Tans is ‘n haarkappersalon in aanbou en ‘n bosbouwinkel feitlik klaar. Nog ‘n paar verras- sings wag op klante soos byvoorbeeld ‘n tweedehandse boek-winkel en dalk nog selfs geselekteerde bier, wyn en kase. Gaan koop gerus vir die volgende braaigeleentheid ‘n spesiale stukkie vleis of, bestel nou reeds, en dus betyds, daardie besondere Kersfeesvleisgereg. Kry dan gerus ook oulike geskenke en ingevoerde lekkergoed daar. Skaf dan allerlei plante en verfraaiings vir die vakansietuin aan en laat raam daardie langvergete foto’s of skilderye – alles op een enkele perseel. Definitief ‘n aanwins vir ons omgewing en ‘n spesiale plek om stadsbesoekers heen te neem wanneer hulle kom kuier – die Weeping Willow en DELIcious Meats doen immers op die meeste openbare vakansiedae ook besigheid.

 

‘n Ware lushof langs die pad
‘n Ware lushof langs die pad
Die allermooiste ornamente is hier te kry
Die allermooiste ornamente is hier te kry
Die allermooiste ornamente is hier te kry
Die allermooiste ornamente is hier te kry
“Fleischmeister Aubrey in die DELIcious Meats slaghuis
“Fleischmeister Aubrey in die DELIcious
Meats slaghuis