Assegaairivier toestand skokkend

Letter to the editor
Letter to the editor
Die Assegaairivier en ander riviere in ons omgewing se toestand. Skokkend!!!

Goeie dag My dogter, Cherise Uys, is 10 jaar oud en wil graag die volgende brief in die Excelsior Nuus plaas om mense bewus te maak van ons vuil riviere.

Sal jy in toiletwater wil swem? Of nog erger, dit wil drink? Dink net hoe moet die arme visse voel en nog tien maal erger die bokke wat dit moet drink!! Ek het saam met my pa op die plaas gewerk toe ek sien in watter toestand die riviere is. My pa vertel my toe hulle die brug op die plaas, waaroor ons gery het, 12 jaar terug gebou het en hulle was dors, het hulle die water uit die Assegaairivier gedrink. As jy vandag die water drink kan jy doodelik siek word en doodgaan. So ek vra asseblief die munisipaliteit van Piet Retief om iets hieraan te doen. Ek wat 10 jaar oud is wil dat my kinders en kleinkinders die natuur en riviere nog eendag kan sien.

Groete Cherise Uys