AfriForum 10 Dae Selfstandigheid

Afriforum
Johann Weber en Heinz Gonzales saam met die span gekontrakteerde werkers
AfriForum 10 Dae Selfstandigheid – Piet Retief begin met herstel van tronkselle en verf plaaslike Radio stasie. Projek nommer #?

Die AfriForumtak in Piet Retief het op 9 Oktober 2015 Piet Retief se aanhoudingselle begin herstel nadat die burgerregte organisasie R 80 000-00 ingesamel het tydens die fonds insameling gehou gedurende September 2015. Hierdie projek is van stapel gestuur as deel van die burgerregte-organisasie se 10 Dae van Selfstandigheid wat die lewering van munisipale dienste in dorpe regoor Suid-Afrika behels. In dié tien dae word meer as 100 aksies aangepak wat fokus op die herstel van slaggate, die skoonmaak van vullisterreine, begraafplase en strate, die herstel van straatligte en die behandeling en skoonmaak van besoedelde riviere. AfriForum het ook as deel van die nasionale projek kontrakteurs aangestel om die plaaslike radiostasie Mkondo Fm se gebou te verf. Afri- Forum het 40 liter verf geskenk gekry by Protea Bande wat gebruik is in hierdie projek.

Bome word aangeplant by Mkhondo FM
Bome word aangeplant by Mkhondo FM

Johann Weber, voorsitter van die plaaslike AfriForum- tak, het gesê: “Ons is moeg daarvoor dat die plaaslike Munisipaliteit nie dienste lewer nie. Ons veg vir ons diensleweringsregte en gaan nie ‘n slagoffer van ons omstandighede wees nie.” “Ons het 15 bome by die radiostasie geplant in samewerking met Mkondo Green” Hein Gonzales, AfriForum se koördineerder vir Mpumalanga, het gesê dié aksies is nodig, omdat plaaslike regerings hul grondwetlike pligte versuim. “Gemeenskappe moet selfdoenprojekte aanpak.” Die 10 Dae van Selfstandigheid is aangepak in aanloop tot Saterdag, 10 Oktober, toe die Solidariteit Beweging sy Toekomsberraad in Pretoria gehou het. Tydens dié beraad sou omvattende planne bekend gemaak word om die resolusies van die Krisisberaad van 5 Mei te verwerklik.