Aandkrieketreeks skop af

Aandkrieketreeks skop af
Charka Warriors
Die 2015 aandkrieketreeks het op Vrydagaand, 9 Oktober ‘n aanvang geneem.

Drie vriendskaplike wedstryde is op die eerste aand van die “Super Sixes” aandkrieketreeks by die Piet Retief Rugbyklub gespeel. Die eerste wedstryd is gewen deur die Charka Warriors, hulle opponente was die Dirty 30. In die tweede wedstryd tussen die Master Batters en Midway Re-Tyres, het Midway met die louere weggestap en in die laaste wedstryd van die aand het die Schorchers die Friends Post Mafia ore aangesit.

Die amptelike “Super Sixes” wedstryde is op Woensdag, 14 Oktober, gepeel en die uitslae sal later deurgegee word. Wedstryde sal gereeld op Woensdag- en Vrydagaande gespeel word tot en met die einde van November. Geniet die krieket, manne!