Het PROTOKOL belangriker geraak as ‘n mens se lewe?

Excelsior News - Letter to Editor
Excelsior News - Letter to Editor

Graag wil ek weet, wanneer het PROTOKOL belangriker geraak as ‘n mens se lewe?

My tweemaande oue baba het ‘n ongeluk gehad die 7de September, en na die ongelooflike flinke diens deur Dr Garcia en sy personeel het hy my verwys na die Xstrale departement by Life hospitaal. Daar aangekom by Ongevalle, het die suster aan diens die radiografis op bystand gekontak en sy het geweier om uit te kom want volgens haar ken die dokters die hospitaal se protokol om haar self te kontak. Ek ken die dame persoonlik en het haar toe self gekontak en steeds het sy geweier om uit te kom, nadat ek aan haar verduidelik het dat Dr. Garcia besig is met ‘n noodprosedure by sy spreekkamer en my beveel het dat die hospitaal ons kan help en hul haar gekontak het en sy steeds geweier het.

Met dringende haas het ek weer Dr. Garcia se kamers gekontak en die dames daar het haar gekontak en sy het toe uitgekom. Hoe stel jy protokol voor ‘n mens se lewe? Sulke mense hoort nie by ons hospitale nie, veral nie waar daar mense werk wat hul roeping ernstig opneem nie, soos die twee susters wat aan diens was. Ek hoop dat die hospitaal ernstige aksie sal neem teen die dame. Dr. Garcia en spreekkamer en twee dames wat by die noodgevalle was Maandagaand 7 September, BAIE DANKIE VIR JULLE FLINKE DIENS.

Opregte dank. Mnr en Mev Rostoll 084 209 0475